Vlieg in November en toets nuwe Covid-reispaspoort
Vlieg in November en toets nuwe Covid-reispaspoort

Vlieg in November en toets nuwe Covid-reispaspoort

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat in November met die private Suid-Afrikaanse redery, Airlink, na Suid-Afrika vlieg, sal ingespan word om ‘n nuwe digitale reispaspoort op hul slimfone te toets.
Dié digitale toepassing (toep) wat passasiers op hul slimfone aflaai, is deur die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) ontwikkel en staan as die “Travel Pass” bekend. Dit is ontwikkel om toerisme weer op dreef te kry en dit vir mense makliker te maak om internasionaal te reis.
Iata het aangekondig dat Airlink ingespan gaan word om die toep in Suider-Afrika te toets. Airlink bedryf vlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad na beide Windhoek en Walvisbaai.
Airlink sê in ‘n verklaring Travel Pass “is 'n veilige digitale slimfoontoepassing vir passasiers wat akkurate inligting oor hul Covid-19-gesondheidstatus verskaf”. Dit sluit inligting in oor die toelatingsvereistes van enige lande wat hulle van plan is om te besoek.
Dit is ontwikkel om die heropening van landsgrense sonder kwarantyn te ondersteun en om internasionale lugvaart en toerisme veilig te hervat. “Dit is veiliger en doeltreffender as papierprosesse wat tans gebruik word om gesondheidsvereistes te bestuur, soos inligting oor passasiers se inentings- en Covid-19-vrye status,” sê Airlink in ‘n verklaring.
Die aanvaarding van veilige, digitale gesondheidsoplossings soos dié digitale reispaspoort vir die verifiëring van Covid-19-toets- en inentingsertifikate sowel as toepaslike die toegangsvereistes van wat lande stel, is dringend nodig om die onsekerheid uit te skakel wat internasionale lugreise belemmer tans belemmer, sê Airlink se uitvoerende hoof en besturende direkteur, mnr. Rodger Foster. Hy sê dit dat besigheid, handel, toerisme en die skepping van broodnodige werksgeleenthede regdeur Suider-Afrika stimuleer.

Foto: Iata

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!