Vlieg my na die maan, UFO-styl
Catherine Sasman - Ek kyk nou die aand saam met 'n paar vriende die fliek First Man wat ter 50ste herdenking van die bemande maanlanding op DStv uitgesaai is.
Een vriendin het haar vyfjarige seuntjie saamgebring wat so deur oë wat net-net wil toeval in ‘n diep slapie na die half-vervelige fliek (jammer aan al die entoesiaste!) loer vanuit sy ma se skoot.
Hy skrik penorent op toe die akteur wat Neil Armstrong speel in een van die (meer opwindende) tonele wild rond geruk en gepluk word soos die ruimtetuig die aarde se atmosfeer binnedring.
Met al die kragtigheid van masjien-teen-lugdruk (of wat ook al) begin dit later lyk die ou se are gaan in sy kop bars, asof sy oë in sy polikarbonaat-glasbak van ‘n helmet begin rondswem en sy tande soos verflenterde konfetti uit sy mond gaan skud.
Die gestamp en kreun van masjien en man ruk die seuntjie toe sommer heel wakker en hy kyk met groot oë half verwondered, half verward na dié allemintige spektakel van ‘n stryd.
Na ‘n rukkie lyk dit asof die seuntjie reeds heelwat sci-fi movies agter die blad het toe hy ewe droog opmerk: “Nou hoekom kan hulle nie vlieg soos ‘n UFO nie?”
“Inderdaad, slim kind!” sê een. As enige van die stories geglo kan word, gly ‘n UFO se vlieënde piering mos seepglad deur ons atmosfeer teen hipersoniese spoed wat blykbaar vyf keer die spoed van lig (of 300 000 kilometer per uur) is! Hulle verskyn en verdwyn soos mis voor onse son, klankloos, geruisloos en pynloos in hul half-plat eierdoppe.
En dít terwyl die lelike, lomp buite-aardse wesens skynbaar moeiteloos regop in hul kajuite rond beweeg met arms wat ongeërg half op die grond sleep en in biep-biep stemmetjies van pure plesier en prestasie op hul ruimtevaart deur die Melkweg met mekaar klets.
Vir enigiemand wat sci-fi flieks kyk, is dié nie so vreemd nie. Wat wel vreemder is, is bykans ongeloofwaardige verslae van vreemde en erg-vaardige gevlieëry van vreemde vaartuie in ons hemelruim.
Met al die bohaai die afgelope weke oor Apollo 11 se geskiedkundige vlug in Julie 1969 kom ek af op ‘n berig oor hoe Amerikaanse vlieëniers - wie anders? - al amper met dié vreemde vlieënde voorwerpe gebots het.a
Lyk of ons “one small step for man; one giant leap for mankind” maar ‘n paddasprongetjie oor ‘n spruitjie was!
Ja nee, sê ‘n ander een met ‘n slim houding, jy sal nie sommer sien húlle (dis nou die UFO's) sal hul aansienlike tyd, talent, geld en testosteroon (indien hulle só iets het) mors om na die maan - van alle plekke - te vlieg nie. Ek bedoel, om wat te bereik? Wat ís op die maan wat ons nie híér het nie? Fyn, vaal stof, of wat, huh?
Ou Neil sal seker nie sommer in sy graf omdraai oor dié ondankbare opmerkings oor sy onbaatsugtige vlug nie – hy was immers ‘n geïnteresseerde en nuuskierige tipe mens – maar ek stem saam met my wysneus vriende.
Ek dink die nuwe benadering tot ruimtereise móét die namaak van UFO-vaartuie wees, as die mensdom vir ‘n oomblik van sy "ons is die enigste in die hele wêreld" chauvinisme kan ontslae raak.
Dan, wie weet, kan ons miskien binnekort vakansies reël vir ‘n vinnige, pynlose trippie deur die magdom van sterre en planete.
So nie, gaan hemelreise maar voortploeter met ‘n knetter en ‘n kners.
Elon Musk, sien jy dalk kans om by ons buite-aardse wesens te gaan kers opsteek?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie