Vlieg sommer werk toe met ’n PAL-V
Nie meer lus vir die verkeer op pad werk toe nie en wens jy kon sommer vlieg? Hulp in die vorm van ’n vlieënde motor is dalk binnekort hier.
PAL-V, ’n Nederlandse maatskappy, sê hy gaan teen Oktober vanjaar begin om ’n girokopter-tipe driewielvoertuig waarin twee mense sal pas vervaardig.
“Hierdie droom is al ’n 100 jaar met ons. Toe die eerste vliegtuig ontwerp is het mense reeds begin vra ‘hoe kan ek een maak wat op die pad ook kan ry,” sê Markus Hess, hoof vir bemarking by PAL-V.
PAL-V wat staan vir persoonlike lug en landvoertuig, is in Raamsonksveer in Nederland gebaseer en hoop om die eerste vlieënde motor aan die einde van 2018 aan kliënte te lewer, berig AFP.
Ongelukkig sal bestuurders ’n bestuurs- en vlieënierslisensie moet hê voordat hulle die lugruim kan aandurf.
Die motor sal net ’n kort aanloopbaan nodig hê en kan dan nadat hy weer geland het na sy eindbestemming ry.
Ander weergawes van vlieënde motors word ook in die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Japan, China en die VSA ontwikkel.
Die PAL-V gebruik gewone loodvrye brandstof vir sy twee 100 perdekrag motors en kan tussen 400 km en 500 km ver vlieg op een tenk brandstof. Hy sal tot so hoog as 3 500 m bo seevlak teen ’n spoed van ongeveer 170 km/h kan vlieg.
Die maatskappy hoop om tussen 50 en 100 voertuie in 2019 te vervaardig en wil teen 2020 ’n “paar honderd” per jaar vervaardig.
Die vlieënde motor gaan nie goedkoop wees nie en sal haastige “motoriste” €499 000 (of R7,1 miljoen teen die huidige wisselkoers) uit die sak jaag vir die PAL-V Liberty. Die effens “goedkoper” PAL-V Liberty Sport sal €299 000 (R4,2 miljoen) kos.
Die motor se lemme sal met ’n druk van ’n knoppie soos ’n vlermuis se vlerke opvou en binne die motor gebêre word.
Die maatskappy wil nie sê hoeveel bestellings hy reeds het nie, maar sê hy is gelukkig met hoeveel mense bereid was om reeds ’n nieterugbetaalbare deposito van tussen €10 000 en €25 000 afhangende van die model betaal het. - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie