Vlieglarwes só in dierevoer omskep
Net buite Windhoek boer Oliver Bause met vlieë en maak voer en kompos uit kombuisafval.
Tanja Bause – Aan die noordelike buitewyke van Windhoek in 'n klein pakhuis is Superfly Bio Converters besig om met vlieë te boer en dierevoer en kompos te maak.
Volgens Oliver Bause van Superfly het alles 'n jaar gelede in 'n motorhuis en tuin in Windhoek begin. Daar het hulle die gereedskap en idees getoets, aangepas en verbeter. Hulle het ook gekyk of die besigheid op 'n groter skaal volhoubaar sou wees voordat hulle in Mei vanjaar die pakhuis geopen het.
“Ons boer met die Black Soldier Fly wat inheems aan Suid-Amerika is, maar deur wêreldwye handel is dié vlieë nou reeds in die meeste tropiese lande. Ons het van die vlieë ingevoer om die boerdery te begin.”
Die vlieg word nie as 'n pes beskou nie, op grond van hoe hulle voed en reproduseer.
“Hulle voed net tydens die larwestadium en dit is wanneer hulle al die proteïne versamel wat benodig word. Die vlieë verloor dan hul mondstukke en eet niks meer as 'n vlieg nie. Die vlieë stel net belang om te reproduseer. Hulle lê dan eiers naby kos sodat die larwe onmiddellik kan begin eet wanneer dit uitbroei.”
Volgens Bause is die vlieg nie soos die gewone huisvlieg wat om jou kop draai en van kos na kos vlieg om te eet nie. Hulle vlieg nie baie goed nie.
“Wanneer jy klein wit eiers op jou kos sien, is dit beslis nie die Black Soldier Fly nie. Hulle lê hul eiers eerder naby die kos en nie op die kos nie. Wanneer die larwe dan uitbroei, gaan dit onmiddellik na die kos toe en begin vreet. Binne twee weke sal die larwe reg wees.”
Die larwes groei in ongeveer twee weke van minder as 25 mikrogram tot 'n kwart gram.
“Ons gebruik die vlieg se siklus om kos wat weggegooi word en op die vullishope beland in eetbare dierevoer en bruikbare kompos te omskep. Ons gebruik veral groente en vrugte.”
'n Masjien maal die weggooikos en berei dit vir die larwes voor.
Die bakke met die kos word onder die eiers gesit en soos die larwes uitbroei, val hulle in die kos en begin onmiddellik vreet.
“Binne 'n week of twee is alles opgevreet en is hulle vet en groot en kan geoes word. Ons droog hulle in die son uit, omdat ons son so warm is.”
“Ons kry ons kombuisafval van verskillende kettingwinkels en groentewinkels in Windhoek. Vir elke 100 kilogram afval produseer ons sowat 20 kilogram larwes. Die larwes se proteïne-inhoud – wanneer hulle uitgedroog is – is tussen 40% en 45% en die vetinhoud tussen 25% en 35%.”
“Die gedroogde larwes kan gebruik word as voer vir visse, hoenders, voëls, katte en selfs honde. Dit kan eintlik vir alle diere gegee word wat insekte vreet. Dis ook 'n vervangingsproteïne vir kommersiële dierevoer soos vir hoenders en visse.
“Om baie vismeel te vervaardig, skep 'n probleem vir die oseane, so ook die grootskaalse aanplanting van sojabone vir sojameel wat tot die verlies van woude en natuurlike plantegroei oraloor die wêreld lei. Ons vat afval en skep 'n volhoubare proteïenbron.”
Dis 'n meer natuurlike dierevoer aangesien die larwes 'n insek is.
“Baie min visse sal in die natuur 'n sojaboon eet, net soos 'n hoender nie 'n vis sal eet nie, maar so voer ons hulle vismeel en sojameel. Die larwe is 'n insek en is dus 'n meer natuurlike kos wat diere in die natuur sal vreet.”
Die geheim, volgens Bause, is om die vlieë te broei en om reserwes vir die volgende siklus te verseker.
“Ons vat van die larwes wat ons geoes het en sit hulle in 'n gekontroleerde omgewing sodat hulle deur die papie-ontwikkelingstadium gaan en die vlieg ontwikkel. Dan laat ons hulle paar en eiers lê en die hele proses begin van voor af. Die vlieg self het 'n baie kort lewensiklus van omtrent 'n week, dus is dit 'n baie vinnige en voortdurende proses. Van vlieg, eier, larwes, papies en weer vlieg.”
Volgens hom kon hulle die vliegpopulasie tot dusver konstant hou.
KOMPOS
Al wat oorbly nadat die larwes uitgehaal is, is die sellulose wat die larwes nie geëet het nie.
“Hulle vreet alles rondom dit, maar hulle vreet so vinnig dat die oorblywende kos nie tyd het om kompos te word nie. In die bedryf noem ons dit frass-kompos. Dis vol larwestukke en -afskeiding.
“Ons vat die frass en omskep dit verder om Superfly organiese kompos te maak. Dis 'n produk wat terug na die landbousektor kan gaan met voedingstowwe wat herwin is.
“Deur die insekteproteïne en die kompos wat ons produseer te gebruik sluit ons die sirkel van voer wat vanuit die landbousektor na die stad toe kom, die oorskiet wat verwerk word en terug na die landbousektor gaan. Om al ons hulpbronne te vermors, is nie 'n volhoubare oplossing is.”
Die Black Soldier Fly-larwes en -kompos van Superfly Bio Converters is tans in sommige troeteldierwinkels beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie