Vliegtuig land slegs met sy agterwiele
Die vlieënier wat 'n noodlanding met net die agterwiele van 'n passasiersvliegtuig uitgevoer het, word wyd geloof vir sy vliegvernuf.
Die vliegtuig van die Mianmar-lugdiens was van Yangon na Mandalay onderweg toe kapt. Myat Moe Aung besef het daar is fout met die landingstelsel, berig CNN.
Aung het Sondag eers twee keer om die lughawe gesirkel om die brandstof aan boord te verminder voordat hy die noodlanding uitgevoer het.
Hy het die vliegtuig se agterwiele op die aanloopbaan neergesit en toe die neus van die vliegtuig na die aanloopbaan gebring. Die vliegtuig het vir 23 sekondes op sy neus oor die aanloopbaan geskuur.
Nie een van die 89 passasiers is beseer nie, maar beeldmateriaal op sosiale media wys hoe rook by die kajuit in geborrel het.
Die passasiers het die vliegtuig vinnig verlaat.
Dit volg op die hakke van nog 'n voorval verlede week. 'n Vliegtuig van die Biman-lugdiens van Bangladesj het verlede Woensdag van die aanloopbaan afgegly toe dit in Yangon kom land het. In dié voorval is 17 mense beseer, berig die BBC.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie