Vliegtuig maak noodlanding in woestyn
Jessica Botes - Die vlieënier van ’n Cessna 210 het Vrydag ’n noodlanding in die woestyn naby Hentiesbaai gemaak nadat die vliegtuig se enjin onklaar geraak het.
Volgens ’n ondersoekbeampte van die ministerie van werke en vervoer se direktoraat van ondersoek na vliegtuigongelukke, mnr. Theo Shilongo, is niemand in die voorval beseer nie.
Die vlieënier van Scenic Air, me. Shannon Duff, het volgens hom ’n uitstekende noodlanding 20 kilometer noordoos van Hentiesbaai gemaak.
“Sy het kliënte by die Doros Nawas-lodge afgelaai en was op pad terug Swakopmund toe, toe die vliegtuig se enjin onklaar geraak het. Daar was geen passasiers in die vliegtuig toe sy om 15:40 in die woestyn die noodlanding gemaak het nie,” het Shilongo gesê.
Volgens hom is die vliegtuig nie beskadig nie. ’n Herwinningspan sal vandag of môre die vliegtuig gaan haal waar dit in die woestyn onder sekuriteitsbewaking staan.
“Sodra die vliegtuig in Swakopmund is, sal ons na die enjin en skroef kyk om vas te stel wat die noodlanding veroorsaak het,” het Shilongo gesê.
Lede van die Namibiese polisie het kort ná die voorval die toneel beveilig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie