Vliegtuig skeur middeldeur tydens noodlanding buite Windhoek
Ronelle Rademeyer - Die Sling 4-opleidingvliegtuig waarmee 'n vroulike vlieginstrukteur en die leerling-instrukteur vir wie sy opleiding gegee het vanmiddag buite Windhoek 'n noodlanding moes uitvoer, het in die proses middeldeur geskeur.
Die twee insittendes, beide in hul twintigs, is nie ernstig beseer nie.
Mnr. Oskar Plichta, ondersoeker by die direktoraat vir vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, sê die eenmotorige vliegtuig het noord van Katutura enjinstaking beleef en hulle moes 'n noodlanding op 'n ongeskikte terrein uitvoer. Die stert-gedeelte van die vliegtuig het in die proses losgeskeur van die romp.
Hy sê die opleidingsvliegtuig het net ná tweeuur Maandagmiddag by Eros-lughawe opgestyg en hulle was onderweg na die algemene vlieggebied noord van die stad toe die enjin gaan staan het.
Plicta sê hulle is "wonderbaarlik" nie enrstig beseer nie, maar sal vir 24 uur gemonitor word.
Hy sê hy sal die wrak môre (Dinsdag) ondersoek om te bepaal hoekom die enjin gaan staan het.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie