'Vliegtuigkapers' in hof in Malta
'Vliegtuigkapers' in hof in Malta

'Vliegtuigkapers' in hof in Malta

Die passasiers en bemanning van 'n gekaapte Libiese vliegtuig is veilig.
Francoise Steynberg
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle nagemaakte wapens gebruik het om 'n Libiese vliegtuig met 117 mense aan boord te kaap en die vlieëniers gedwing het om na Malta te vlieg, het Sondag in die Maltese hoofstad, Valletta, in die hof verskyn.

Moussa Saha en Ali Ahmed Saleh het onskuldig gepleit op 'n reeks klagte wat die kaping van 'n vliegtuig en bedreiging van passasiers insluit.

Indien hulle skuldig bevind word, staar hulle lewenslange gevangenisstraf in die gesig.

Die Afriqiyah-lugredery se Airbus A320 was van Sabha in die suide van Libië na die hoofstad, Tripoli, onderweg toe dit gekaap en die vlieëniers gedwing is om na Malta te vlieg.

Aanvanklik is vermoed dat die verdagtes 'n regte handgranaat en minstens een pistool in die kaping gebruik het.

Volgens 'n verklaring deur die Maltese regering was dit egter nagemaakte wapens.

Die twee kapers is onder swaar bewaking op Kersdag na die hof begelei. Hulle was in koeëlvaste baadjies geklee.

Moussa het deur sy regsverteenwoordiger die hof gevra om hom toe te laat om met sy familie te kommunikeer en dat hy toegelaat word om te bid. Die landdros het egter aangedui dat normale hofprosedures sou geld.

Bronne na aan die ondersoek het aan AFP gesê die twee mans het verseg om enige vrae tydens hul ondervraging te beantwoord. Hulle bly in aanhouding. Die verhoor duur voort.

Vliegtuigkapings het relatief raar geword sedert 11 September 2001 se terreuraanvalle in Amerika, wat tot ver­skerpte veiligheidsmaatreëls aan boord van vliegtuie gelei het.

- Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!