Vliegvelde se registrasie met een jaar uitgestel
Vliegvelde se registrasie met een jaar uitgestel

Vliegvelde se registrasie met een jaar uitgestel

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die eienaars van die 95 vliegvelde in Namibië, wat ingevolge gewysigde regulasies net tot 1 Januarie 2019 tyd gehad het om dit te registreer sodat private vlugoperateurs kommersiële vlugte daarheen kan onderneem, is nie meer onder druk hiervoor nie.

Registrasie hoef nou eers teen 1 Januarie 2020 afgehandel te wees.

Dít volg nadat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, Donderdag ingegryp het en die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) opdrag gegee het om ’n dringende vergadering met belanghebbendes oor die kwessie te belê.

Nege van dié private vlugoperateurs, wat hierdie vliegvelde gebruik om jaarliks nagenoeg 60 000 toeriste en ander passasiers met klein vliegtuie na lodges en ander vakansiebestemmings te vervoer, het verlede week in ‘n sterk bewoorde brief beswaar gemaak teen wat hulle ‘n “administratief onregverdige” proses noem.

Die gewysigde regulasies is eers op 8 November in die Staatskoerant aangekondig, terwyl dit die eienaars van die vliegvelde maande sal neem om al die stappe te doen om hierdie landingstroke geregistreer te kry.

Mnr. Phillip Ellis, die regsverteenwoordiger van die nege operateurs, het gister bevestig sy kliënte en die NCAA het in opdrag van Mutorwa vergader en verskeie opsies bespreek. ‘n Skikking is bereik ingevolge waarvan die sperdatum vir registrasie met een jaar uitgestel word.

“Die skikking is nog onderhewig aan die minister se ondertekening daarvan,” het Ellis gesê, maar bygevoeg hy verwag om Mutorwa se brief in dié verband teen Maandag te ontvang.

Sonder dié skikking loop die toerismebedryf sowel as die maatskappye wat die vlugte aanbied, gevaar om reuseverliese te ly.

Vliegsafari’s na afgeleë lodges is ‘n groot komponent van die land se toerismebedryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!