'Vlieu00ebniers blaai verwoed deur handboek'
'Vlieu00ebniers blaai verwoed deur handboek'

'Vlieëniers blaai verwoed deur handboek'

Die kaptein het glo probeer om die vliegtuig te laat klim, maar die rekenaar het die neus afgedruk.
Die vlieëniers van die gedoemde Boeing 737 Max van Lion Air het verwoed deur 'n handboek geblaai terwyl hulle nie kon verstaan waarom die straler afwaarts neig nie. Voordat hulle enigiets kon wys word, het die vliegtuig die water getref.

So sê drie bronne, wat anoniem wil bly, oor die inhoud van die stemopnemer van dié vliegtuig.

Die ondersoek na die ongeluk, waarin 189 mense aan boord in Oktober verlede jaar dood is, het opnuut belangrik geword nadat die Amerikaanse federale lugvaartadministrasie (FAA) en ander reguleerders dié model vliegtuig verlede week gehok het ná 'n tweede dodelike ongeluk in Ethiopië.

Ondersoeke na die Indonesiese ongeluk kyk onder meer nou hoe 'n rekenaar die vliegtuig laat duik het in reaksie op data van 'n foutiewe sensor en of die vlieëniers genoeg opleiding gehad het om in so 'n noodsituasie reg op te tree.

'n Woordvoerder van Lion Air sê al die data en inligting is aan ondersoekers oorhandig en wou nie kommentaar lewer nie.

Die kaptein het probeer om die vliegtuig te laat klim, maar die rekenaar wat verkeerdelik 'n staking opgetel het, het die neus afgedruk.

Volgens die een bron het die eerste offisier nie die probleem gespesifiseer nie, maar 'n ander bron sê op die stemopname is lugspoed genoem en 'n liggie het 'n probleem op die kaptein se skerm getoon, maar nie op die eerste offisier s'n nie.

Die kaptein het die eerste offisier gevra om vinnig in die handleiding na die kontrolelys vir abnormale gebeure te kyk, sê die eerste bron.

Vir die eerste nege minute het die vliegtuig die vlieëniers gewaarsku dat dit staak en het die neus in reaksie daarop afgedruk. Staking is wanneer die lugvloei oor die vlerke te swak is om die vliegtuig te lig en dit in die lug te hou.

GEEN KOMMENTAAR VAN BOEING

Die kaptein het probeer om die vliegtuig te laat klim, maar die rekenaar wat verkeerdelik 'n staking opgetel het, het die neus afgedruk deur die vliegtuig se trimstelsel, wat die vliegtuig reguit en gelyk laat vlieg, te gebruik.

“Hulle het blykbaar nie geweet die trimstelsel het afbeweeg nie. Hulle het net aan lugspoed en hoogte gedink. Dit is al waaroor hulle gepraat het,” sê die derde bron.

Die Boeing-maatskappy wou nie Woensdag kommentaar lewer nie omdat die ondersoek nog aan die gang is. Die vervaardiger sê daar is 'n dokument met prosedures oor hoe om die situa­sie te hanteer. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!