Vlieëniers teen 'politieke agenda'

Die NUNW en Tucna het beide teen die likwidering van Air Namibia betoog.
Augetto Graig
Augetto Graig en Ronelle Rademeyer – Die Namibiese Vereniging vir Vlieëniers (Napa) en die Namibië Kajuitbemanningsvakbond (NCCU) het hulle gister van Swapo se Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) en sy lidvakbond, die Namibië Vervoer- en Verwante Werkersunie (Natua) gedistansieer tydens die massa-optogte wat in Windhoek teen Air Namibia se voorgenome likwidasie gehou is.

Napa het Dinsdag in 'n brief aan mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE's), gesê hy en die NCCU stem nie saam met die "politieke agenda" van die NUNW en Natua nie, "want dit strek verder as ons oortuigings en maniere om betrokke te raak".

NUNW en sy filiale en ondersteuners het van sy hoofkantoor in Katutura eers na die Swapo-hoofkantoor en toe deur die stad na die kantoor van die eerste minister in die middestad gemars.

Terselfdertyd het Napa en die NCCU onder die vaandel van die onafhanklike Vakbondkongres van Namibië (Tucna) 'n optog na die Zoo Park gehou.

Volgens die president van Napa, mnr. Heino Jakob, het verteenwoordigers van die parlement en die kantoor van die eerste minister hul klagskrif aanvaar en beloof om dit aan die betrokke gesag te oorhandig. Dié groep betogers eis dat die likwidasie van Air Namibia gestaak word, dat die regering skuldeisers teen vandag betaal om te verseker likwadasie word nie deur ’n hofbevel afgedwing nie, en dat ’n parlementere komitee saamgestel word, waarin die betrokke vakbonde teenwoordig is, om oplossings te vind en die ware stand van sake by Air Namibia te ondersoek.

Die uitslag van dié ondersoek moet ook dan in die openbaar bekend gemaak word. Volgens Jakob sluit die ledetal van Napa verskeie kenners van lugrederye in wat merkwaardige insette kan lewer.

“Die internasionale gemeenskap hou ons dop. Ons behoort aan internasionale liggame soos die Internasionale Federasie van Lugrederyvlieëniersverenigings (Ifalpa) en hulle voel ook sterk dit is nie die regte besluit om Air Namibia nou toe te maak nie.

“Die belang en waarde van die nasionale lugredery vir Namibië kan nie oorskat word nie. Die nasionale lugredery is ’n pilaar van die Namibiese ekonomie en die land kan nie daarsonder nie. Dit sou jare en jare neem om Air Namibia te vervang; kyk byvoorbeeld net na Uruguay. Dink ook aan die groter gevolge wanneer al die kenners die land begin verlaat,” sê hy.

Die NUNW en Natau, wat die meerderheid van Air Namibia se algemene werksmag verteenwoordig, het 'n klagskrif aan die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Shaningwa, oorhandig.

Me. Saara Kuugongelwa-Amadhila het nie die betogers by die Zoo Park ontmoet soos afgespreek nie, maar hulle het die optog na die parlementsgebou voortgesit en daar op toegang aangedring.

Kuugongelwa-Amadhila het wel later die klagskrif in ontvangs geneem. Die Natau-president, me. Ndapewa Amupanda, het haar teleurstelling met Amadhila se traagheid uitgespreek.

In antwoord op die voorlees van die klagskrif het die eerste minister gesê die regering is bekommered oor die angs wat Namibiërs oor die verlies van Air Namibia beleef. Die NUNW dring aan die likwidasie word gestaak en eis ook dat die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, afgedank word. Hulle doen ’n beroep op president Hage Geingob om dringend in te gryp tot die redding van Air Namibia te kom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!