Vloedbestuur onder loep
Die Namibiese Rooikruisvereniging het 'n vloedbestuurprojek in die Samora Machel-kiesafdeling van stapel gestuur.
Henriette Lamprecht
'n Loodsprojek vir vloedbestuur is deur die Namibiese Rooikruisvereniging (NRCS) in die Samora Machel-kiesafdeling van stapel gestuur.
Dr. Rosa Persendt, voorsitter van die NRCS se nasionale raad, het tydens die bekendstelling gesê die doel is om die gemeenskap se begrip en bewustheid van natuurlike en maatskaplike komponente van vloede te verbeter.
Dit het ook ten doel om inwoners se voorbereiding op te skerp om vloede te hanteer.
“Die einddoel is om veranderinge in gemeenskappe se gedrag voort te bring wat hul en ook hul huise se kwesbaarheid verminder,” het sy gesê.
Sy het beklemtoon dit vereis die volle betrokkenheid van gemeenskapslede wat ondersteunend en gewillig moet wees om tot voorgestelde aktiwiteite by te dra.
Persendt het gemaan vloede is groot bydraers tot lewensverlies. Sterftes is egter meer dikwels te wyte aan siektes wat deur water gedra en versprei word as wat mense verdrink.
LYDING, SIEKTES, STERFTES
“Die gevaar van verdrinking is groot in kitsvloede. Min mense verdrink in riviervloede, maar swak omgewingsomstandighede wat deur vloede vererger word, veroorsaak lyding, siektes en sterftes,” het sy gesê.
Volgens haar is dit die rol van Namibiese gemeenskappe om te verseker inligting en onderrig help om dié maatskaplike en gesondheidsuitdagings te bestuur.
Dit sal verder verseker dat gemeenskappe eienaarskap neem om gesondheidspraktyke op 'n gereelde basis toe te pas.
Persendt sê die Rooikruis sal voortgaan om gemeenskappe te betrek wat verandering deur middel van streekprojekte te weeg wil bring.
Die raadslid vir die Samora Machel-kiesafdeling, mnr. Nestor Kalola, het op sy beurt gesê programme vir die vermindering van rampe skop normaalweg af met die identifisering van spesifieke probleme wat 'n gemeenskap in die gesig staar, sowel as inwoners se evaluering oor hoe om dit op te los.
In die verband is die gemeenskapsgebaseerde vloedbestuursprojek begin wat fokus op gemeenskapsdeelname en bestuursmaatreëls.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie