Vloede duur voort in Frankryk
Parys. – Frankryk en Duitsland gaan gebuk onder oorstromings en riviere wat hul walle oorstroom.
Sentraal-Europa ly al die afgelope week onder hael, sterk winde en deurdringende reën.
Die suide van Duitsland en Sentraal-Frankryk is die jongste gebiede wat getref is.
Die Seine in Parys is op die vloedvlak en het op plekke sy walle oorstroom.
Sowat 20 km suid het die Yvetterivier sy walle oorstroom en die Paryse voorstad Longjumeau is kniediep in die water.
In Nemours, nog verder suid, moes mense per boot gered word nadat die Loingrivier ver bo sy vloedvlak gestyg het.
Nog oorstromings en stormskade is moontlik.
Die Duitse dorp Simbach am Inn in Beiere, op die grens met Oostenryk, is swaar getref toe water in die strate afgestroom het.
Die water het modder, bome en motors meegesleur.
Braunsbach, in die suide van Duitsland, is nou vol klippe en verwoeste voertuie.
Die water in Triftern, ook in Beiere, is diep genoeg om voertuie te laat verdwyn.
Frankryk, Oostenryk en Duitsland is in onmiddellike gevaar, maar die Alpe en die suidooste van Europa kan ook bedreig word.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie