Vloede in Sun City
Twee mense is in die buurland beseer ná ’n frats- haelstorm ’n bekende vakansieoord getref het.
“Sun City kan bevestig Sun Central en die Valley of the Waves sal vandag vir besoekers en hotelgaste oop wees,” het me. Enid Vickers, woordvoerder van dié vakansieoord, gisteroggend gesê.
Saterdag is mense aangeraai om huis toe te gaan ná ’n frats- haelstorm en erge vloede.
Twee mense is beseer en voertuie en geboue, wat byna 200 hotelkamers insluit, is deur ’n reuse- fratshaelstorm beskadig wat die vakansieoord die naweek getref het, het die oord gister bevestig.
Die oord se uitvoerende hoof, mnr. Thabo Mosololi, het in ’n nuusverklaring gesê: “Twee mense is beseer ná hulle op nat vloere gegly het. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na hospitale in die omgewing geneem is.”
Voorts het die woordvoerder gesê teen middernag Saterdag het die geskatte getal geraakte kamers X by die Soho Hotel ingesluit, asook 40 by die Cabanas, 30 by die Cascades Hotel, 26 by die Vacation Club en 20 by The Palace.
Mosololi het gesê gisteroggend was die situasie “ernstig, maar onder beheer”.
"Die meeste van die skade is deur kitsvloede by die Sun Central gesins- en vermaakruimte veroorsaak, en in die hotelkamers op die grondvloer. ”
'Gaan huis toe'
Volgens Mosololi is nuwe besoekers aan die oord vroeër aangeraai om huis toe te gaan.
Die haelstorm het die Noordwes-provinsie in die Pilanesberg-omgewing omstreeks 16:30 Saterdag getref.
Dagbesoekers aan die Sun Central en Sun Welcome-sentrums, wat die ergste skade gely het, het die oord ontruim.
“Gaste wie se akkommodasie geraak is, is van ander opsies voorsien. Party gaste het gekies om die oord te verlaat en huiswaarts te keer.”
Die oord se eie nooddienste was daar om die omstandighede te evalueer.
"Gebeurlikheidsplanne is in werking, en opruim-operasies is onderweg in beskadigde hotelkamers en openbare areas om te verseker normale werksaamhede hervat so gou moontlik." – News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie