Vloedskade op Ongwediva 'iets van die verlede'
Infrastruktuur
Tuyeimo Haidula op Ongwediva
Die Ongwediva-dorpsraad het besluit om stormwaterkanale in die woongebiede Reception Two en Uitbreiding 10 te grawe om te keer dat inwoners tydens reënseisoene deur vloede oorweldig word.
Dié stap moet ook help verseker dat paaie in die gebiede toeganklik bly.
Die munisipaliteit se korporatiewe kommunikasiebeampte, mnr. Jackson Muma, sê gedurende Desember 2019 is talle huise oorspoel en die dorpsraad moes dus met 'n blywende oplossing vorendag kom.
In die verlede het water ná swaar reën bly opdam eerder as om na die nabygeleë pan (oshana) te vloei, vanweë die afwesigheid van behoorlike kanale.
Muma sê die ontwrigting dat sulke oorstromings die inwoners kan verhinder om die paaie te gebruik, is nou iets van die verlede, want die raad het begin met die konstruksie van die grondpad en die stormwaterkanaal om verdere oorspoeling te voorkom.
KONTRAKTEURS
Volgens hom is Omatando Construction gekontrakteer om die stormwaterkanaal teen 'n koste van N$2,4 miljoen op te rig. Pandu Construction, aan wie die herstelwerk van al die paaie in Ongwediva toegeken is, sal die grondpad bou. Die werk aan beide projekte is geoormerk om teen November 2021 afgehandel te wees.
“Ons inwoners is ons prioriteit. Ons moedig die gemeenskap aan om hul ondersteuning en samewerking aan die kontrakteur te gee sodat die werk betyds voor die reënseisoen afgehandel kan word,” het Muma gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie