Vlooimark vir liefdadigheid
Vlooimark vir liefdadigheid

Vlooimark vir liefdadigheid

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Alte Feste Lions-klub in Windhoek hou môre 'n vlooimark by hul perseel op die hoek van Centaurus- en Jan Jonkerstraat in Windhoek.

Die geld wat by die vlooimark ingesamel word, sal vir verskeie welsynorganisasies gebruik word. Van die geld sal vir klaskamers en skadunet vir die tuin van die Wake Up Education Centre in Otjo­muise gebruik word. Die klub het reeds met die omheining van die sentrum gehelp en 'n gedeelte van die geld wat uit die vlooimark gegenereer word, sal gebruik word om met die onkostes te help om twee bykomende klaskamers op te rig.

Die Cactus Clean Up-projek sal ook ondersteun word en die Bright Star-kindergarten in Windhoek sal 'n grensmuur en vooraf verpakte etes ontvang. Fountain of Life sal 'n geboude toilet, die Meisieskool Eros sal klere en toiletware, die SOS Childrens Village sal verjaardagkoeke en geskenke en die Oude Rust-ouetehuis medisyne en verbande ontvang.

Ekstragrootte mansklere, speelgoed, kombuisgereedskap, sakke, gordyne, beddegoed, boeke, klere vir mans, vroue en kinders en skoolbenodigdhede word verkoop. Die mark begin om 07:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!