Vlootoffisier in hof ná hy glo skote op sy hond vuur
Ná 'n onlangse wreedaardige aanval op 'n troeteldier op die hawedorp, staar nóg 'n man 'n klag van dieremishandeling in die gesig.
Otis Finck - Voorvalle van dieremishandeling kom al hoe meer gereeld op Walvisbaai voor.
In die jongste skokkende voorval het 'n vlootoffisier, wat na bewering dronk was, glo sy hond Maandag geskiet.
Mnr. Phillemon Eino (61) het Woensdag voor landdros John Sindano in die Walvisbaaise landdroshof verskyn. Sindano het die saak tot 12 April uitgestel en borgtog van N$4 000 aan Eino toegestaan.
Die beskuldigde het vermoedelik drie skote geskiet en sy Labrador-kruising hond gewond.
Adj.komm. Erastus Iikuyu van die Erongostreek het die voorval bevestig en gesê Eino is in hegtenis geneem en staar verskeie klagte in die gesig.
“Hy is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die 9 mm-pistool wat hy glo gebruik het. Die verdagte is aangekla van dieremishandeling, die nalatige afvuur van 'n vuurwapen, dat hy 'n hond geskiet en gewond het, die hantering van 'n vuurwapen onder die invloed van drank en die afvuur van 'n vuurwapen in die openbaar,” het Iikuyu gesê.
Me. Lalla Fourie van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Walvisbaai het die voorval veroordeel en vir 'n swaar vonnis gevra.
“Die feit dat die hond glo aggressief was, regverdig nie wat gebeur het nie. Dit is onmenslik en onaanvaarbaar. Die vonnis moet as afskrikmiddel dien,” het Fourie gesê.
Die voorval het glo voor sy huis in Meersig plaasgevind.
“Sy vrou en kinders was sigbaar getraumatiseer. Sy het met die kinders en ander honde van die toneel gevlug. Ons het die gewonde hond na die veearts geneem en later beslag op die ander diere - 'n poedel en twee klein hondjies - gelê.”
Hewige reaksie is onlangs ontlok toe 'n hond op Walvisbaai brutaal in die openbaar doodgemaak is.
Tango, 'n bulterriër, moes van kant gemaak word ná 'n wreedaardige aanval waartydens drie mans hom glo met 'n graaf, 'n byl en 'n klip toegetakel het.
'n Saak van dieremishandeling is aanhangig gemaak en een van die vermeende oortreders het skuld erken. Hy het 'n vonnis van N$1 000 met sy skulderkenning betaal.
Fourie het lede van die publiek aangemoedig om voorvalle van dieremishandeling by die DBV aan te meld by 064 204-041 of 081 124 1009.
Voorvalle kan ook by die munisipaliteit se dierebeheerdepartement by 081 124 1009 aangemeld word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie