Vlug van Kaap tot New York eersdaags hier
Vlug van Kaap tot New York eersdaags hier

Vlug van Kaap tot New York eersdaags hier

Kapenaars wat die Groot Appel wil besoek, kan nou vier uur op dié lang vlug bespaar.

Die plaaslike toerismebedryf hoop ook dat dit heelwat meer Amerikaners na Suid-Afrika sal lok.

Die Amerikaanse lugdiens United Airlines het pas 'n nuwe regstreekse roete tussen Kaapstad en New York aangekondig wat tot 'n 20%-toename in besoekers uit die VSA kan lei.

Die nuwe lugroete sal tussen die Kaapstadse Internasionale Lughawe en Newark Liberty- internasionale lughawe bedryf word.

Newark Liberty is die sesde besigste internasionale lughawe in die VSA en een van vier lughawens wat in die New Yorkse metropool bedryf word.

Luidens 'n studie deur Grant Thornton sal 'n direkte roete tussen Kaapstad en die VSA lei tot 'n ­addisionele 24 000 passasiers wat die Kaap besoek, wat 20% meer is as 2018 se totaal.

Volgens Grant Thornton kan só 'n toename 'n bykomende R238 miljoen se direkte toerismebesteding tot die Kaap se ekonomie in slegs die eerste jaar byvoeg. Teen die tweede jaar, skat die verslag, sal dit tot R425 miljoen styg.

“Dit is vir ons streek 'n game-changer,” sê Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro.

“Noord-Amerika was een van die grootste onbediende markte vir Kaapstad en die Wes-Kaap.

Die VSA het in 2017 derde op die ranglys van grootste markte vir ­inkomende passasiers na Kaapstad Internasionale lughawe gesit.”

Die United Airlines-roete moet nog finaal goedgekeur word deur die VSA se departement van vervoer voordat dit amptelik aan passasiers beskikbaar sal word.

Die lugdiens beoog om Boeing 787-9 Dreamliner-vliegtuie wat 252 passasiers kan dra vir die roete te gebruik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!