Vlugkelner vas oor heroïen
Francoise Steynberg
'n Vlugkelner van Air Namibia wou glo in Desember die hoogs gevaarlike en verslawende dwelm heroïen van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako af na Frankfurt uitsmokkel.
Volgens die polisie is sowat 10 kg heroïen ter waarde van N$5 miljoen in die vlugkelner, mnr. Percival Mensah, se bagasie op 16 Desember gevind toe hy na Frankfurt sou vlieg.
Toe Mensah se bagasie volgens gebruiklike roetine by die lughawe geskandeer is, het die polisie verdagte voorwerpe wat soos balle lyk, in sy tas opgemerk.
Air Namibia se vlugpersoneel is op die lughawe ondervra en niemand het eienaarskap van die tas aanvaar nie. Mensah het glo van die lughawe af verdwyn en hy was ook nie op die vlug na Frankfurt wat weens dié drama vertraag was nie.
Die polisie sê Mensah het homself twee dae later in die teenwoordigheid van sy pa aan die polisie oorgegee. Ná die ontdekking van die inhoud het die polisie Mensah se bagasie geseël, in veilige bewaring gehou en voor hom oopgemaak.
'n Medebeskuldigde, mnr. Chandré Clint Hills (27) van Swakopmund, het glo die inhoud na Mensah se huis gebring en reeds in Maart 2016 'n groot bedrag in Mensah se rekening inbetaal. Mensah het na bewering tydens ondervraging ontken hy het geweet die inhoud was dwelms.
Mensah en Hills het op 27 Desember hul eerste hofverskyning gemaak en albei is op borgtog van N$10 000 vrygelaat. Die saak is vir verdere ondersoek tot 10 Mei in die hof by Hosea Kutako uitgestel.
Die polisie ontken die saak is toegesmeer en het dit glo eers stilgehou om nie die ondersoek te belemmer nie. 'n Grootskaalse ondersoek na die meesterbrein van dié dwelmsaak, 'n welgestelde buitelandse burger aan die kus, is intussen volgens die polisie van stapel gestuur.
Mensah is tans deur Air Namibia volgens dissiplinêre prosedures geskors, hangende die polisie-ondersoek en die uitkoms van die hofsaak.
Heroïen word vervaardig van hars van die opiumpapawer en is die gevaarlikste en verslawendste dwelm. Suiwer heroïen is 'n wit, reuklose, kristalagtige poeier met 'n bitter smaak. Hoe bruiner die kleur, hoe meer onsuiwerhede bevat dit. Heroïen se straatname is onder meer “smack”, “mud”, “junk”, “China white”, “Mexican brown”, “brown sugar”, “gear” en “horse”. Volgens die polisie word Namibië deesdae al meer as 'n deurgangroete vir dwelmsmokkelary gebruik om dwelms na ander lande uit te smokkel. word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie