Vlugopnemer van Russiese vlugramp gevind
Die eerste stuk inligting wat duidelikheid kan verskaf oor die gebeure rakende die Russiese militêre vliegtuig wat op Kersdag op ’n vlug na Sirië in die Swart See neergestort het, is gevind.
Volgens die Russiese nuusagentskap RT het duikers die eerste vlugopnemer van die TU-154-vliegtuig gevind wat naby aan die kusdorp Sotsji in Rusland neergestort het.
Verskeie slagoffers se liggame word nog uit die see gehaal terwyl duikers ook na die ander twee vlugopnemers soek.
“Tydens die soektog is een van die vlugopnemers onder die vliegtuig se kajuit gevind. Dit sal binnekort uit die water gehaal word,” het ’n militêre bron aan die nuusagentskap gesê.
Volgens die bron is nog twee vlugopnemers aan die agterkant van die vliegtuig.
Drie slagoffers se liggame en stukke van die vliegtuig is Maandagaand uit die water gehaal.
Die vliegtuig het Sondagoggend van radarskerms verdwyn kort nadat dit in Adler in die suide van Rusland naby Sotsji opgestyg het.
Altesaam 84 passasiers en agt bemanningslede was aan boord van die vliegtuig. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie