Vlugte dié naweek tussen Frankfurt, Windhoek

Die lugvaartmaatskappy Westair het die afgelope maande gereeld vrag- en repatriasievlugte in Afrika en selfs Europa onderneem.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die private lugredery FlyWestair vlieg Vrydag om 19:00 van Frankfurt na Windhoek met ’n gehuurde Boeing 777-200 in ’n poging om gestrande Namibiërs en buitelanders met permanente verblyfreg in die land, huis toe te vervoer.

Die vlug keer Saterdag om 21:00 na Frankfurt terug met onder andere Namibiese studente wat in die buiteland studeer, asook Europiërs wat die inperkingstyd in Namibië deurgebring het en nou huiswaarts wil keer.

Só sê mnr. Fred Ribeiro, bestuurder van sakeontwikkeling by Westair.

Hy sê dié redery het sedert die grense vir internasionale vlugte in Maart gesluit is, 17 vlugte tussen Namibië en Suid-Afrika onderneem en meer as 2 300 passasiers op hierdie vlugte vervoer.

Dit is benewens die daagliks vragvlugte vir DHL Express tussen Windhoek en Johannesburg.

Daarbenewens is verskeie vrag- en repatriasievlugte ook oraloor Afrika vir kliënte in die mynbou- en olie- en gasbedryf onderneem.

Hy sê wat Europa betref, is die beplande Frankfurt-vlug nie FlyWestair se eerste oorsese vlug nie.

“Westair het die afgelope vier maande verskeie huurvlugte na Europa onderneem,” sê hy en voeg by die plekke waarheen gevlieg is, was Amsterdam, Zürich en Madrid.

Ribeiro sê vir van die repatriasievlugte is die redery se eie Embraer EMB 145-vliegtuig gebruik, maar daar is ook van gehuurde vliegtuie gebruik gemaak.

Hy sê vir solank as wat daar ’n behoefte aan vlugte tussen Suid-Afrika en Namibië is, sal Westair met die owerhede saamwerk om dit te verskaf.

Volgens Ribeiro het die pandemie meegebring dat Westair feitlik geen toerisme- en sakevlugte onderneem het nie.

“Ons het aanvanklik gedink vlugte gaan vir 2 tot 3 maande ontwrig wees, maar die aanduiding is nou dat dit vir die reis- en toerismebedryf veel langer gaan vat om te herstel.

“Van die meer as 40 vliegtuie in ons vloot, vlieg tweederdes tans glad nie. Dié deel van ons vloot wat wel in gebruik is, het die afgelope maande gereeld gevlieg. Repatriasievlugte is nie baie winsgewend nie, maar ons beskou hierdie vlugte as ons bydrae tot die land,” sê Ribeiro.

Verder sê hy is dit goed vir die werknemers van Westair se moraal dat dié lugvaartmaatskappy wel gedeeltelik operasioneel is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!