Vlugte ontwrig weens staking by Mango
Vlugte van die staat se laekostelugdiens Mango is gister ontwrig weens die staking van vlieëniers en kajuitpersoneel wat die oggend om 05:00 begin het.
Die vakbond Solidariteit het Sondagaand bevestig sy lede, wat 95% van die vlieëniers by die lugdiens Mango uitmaak, staak vanaf Maandagoggend om 05:00 nadat salarisonderhandelinge in duie gestort het.
Dit volg nadat die vakbond Sondag met die bestuur van Mango vergader het om tot 'n moontlike skikking te probeer kom oor salarisonderhandelinge vir sy lede wat onder andere kapteins en eerste offisiere by die lugdiens insluit. Volgens die nuusagentskap eNCA is die Mango-vlug JE534 van Port Elizabeth na Johannesburg wat Maandag om 08:25 sou vertrek, gekanselleer, die 06:00-vlug van Durban na Lanseria is tot ná 08:00 vertraag, en oggendvlugte van Kaapstad na Johannesburg en Lanseria is met langer as 'n uur vertraag. Middagvlugte tussen Johannesburg, Durban en Port Elizabeth is gekanselleer.
Nic Vlok, waarnemende hoof van Mango, het aan die reisnuusdiens eTNW gesê passasiers sal per SMS laat weet word van nuwe vlugtye. Passasiers wat nie 'n SMS kry nie, kan die Mango-inbelsentrum by 086 100 1234 skakel.
gebeurlikheidsplanne
Volgens Vlok het die lugdiens gebeurlikheidsplanne met die SAA en ander lugdienste gemaak om die uitwerking van die staking te versag.
Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, het die vergadering met die Mango-bestuur Sondag geen vrugte afgewerp nie.
“Ongeag die werklikheid dat Mango-vlieëniers aansienlik minder verdien as die bedryfsnorm het die bestuur geensins daarin belanggestel om met sy werknemers te onderhandel nie.
“Mango se bestuur het bloot voet by stuk gehou dat hy nie sy aanvanklike aanbod van 6% sal hersien nie, terwyl die vakbond sy mandaat sou aanpas in 'n poging om die onderhandelinge te laat slaag,” het Reyneke verduidelik.
Reyneke sê hoewel Solidariteit vier dae kennis van die beoogde staking, wat langer as die vereiste tydperk is, aan die bestuur gegee het, was die bestuur aanvanklik nie eens geneë om met Solidariteit te vergader nie.
“Ondanks die feit dat Solidariteit deurentyd nog oorgehaal was om aktief aan die onderhandelingsproses deel te neem, het dit 'n senior kaptein geverg om die bestuur te oorreed om hoegenaamd met die vakbond te vergader.”
Mango is in 2006 begin as 'n filiaal van die South African Airways. Sy moedermaatskappy, die SAA, is tans in 'n geldknyp en moet teen einde Oktober R5 miljard aan plaaslike banke terugbetaal, nadat die lugdiens vanjaar reeds twee keer deur die nasionale tesourie van wanbetaling gered is deur 'n regstreekse kontantinspuiting uit die staatskas. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie