Vlugtelinge sterf toe boot sink
Vlugtelinge sterf toe boot sink

Vlugtelinge sterf toe boot sink

Mensesmokkelaars gebruik Tunisië se kus ook al hoe meer om vlugtelinge uit ander Afrikalande na Europa te bring.
Die dodetal nadat ’n vlugtelingboot langs die kus van Tunisië gesink het, het tot 112 gestyg.

Die boot het Sondag naby die eiland Kerkenna onder die golwe verdwyn. Dit is een van die grootste tragedies in sy soort tot nog toe.

Die meeste van die slagoffers was Tunisiërs, maar daar was ook vlugtelinge uit ander Afrikalande aan boord, sê Lorena Lando, hoof van die plaaslike missie van die International Organization for Migration (IOM).

Volgens die Tunisiese veiligheidsmagte was daar sowat 180 mense op die boot. Oorlewendes sê die kaptein het uit vrees vir inhegtenisneming gevlug toe dit begin sink.

Werklose Tunisiërs en ander Afrikane probeer Sicilië in die suide van Italië in gehuurde bote en selfgemaakte vlotte bereik. Tunisië beleef ’n erge ekonomiese krisis sedert die outokraat Zine al-Abidine Ben Ali in 2011 uit die kussings gelig is.

Volgens die IOM het minstens 1 910 Tunisiese immigrante Italië tussen Nuwejaar en 30 April bereik. 39 van hulle is vroue en 307 kinders – van wie 293 nie deur ’n ouer mens vergesel was nie.

Mensesmokkelaars gebruik Tunisië se kus ook al hoe meer om vlugtelinge uit ander Afrikalande na Europa te bring omdat die Libiese kuswag die beheer oor dié land se kusgebied verstewig het.

Matteo Salvini, Italië se nuwe minister van binnelandse sake, het Maandag gesê dié land gaan voortaan nie meer “Europa se vlugtelingkamp” wees nie. Hy het strenger maatreëls belowe, asook dat baie van die onwettige immigrante wat reeds in die land is, teruggestuur gaan word. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!