Vlugtelinge stroom na Namibië
Die Namibiese regering sê hy het streng vereistes wat vlugtelinge en asielsoekers betref.
Augetto Graig - Die 42 vlugtelinge wat onlangs Namibië onwettig vanuit SA ingekom het, word tans van Noordoewer na Osire geneem.
Die groep, onder wie mans, vroue en talle kinders, het nie identiteitsdokumente nie. Tydens hul tydelike huisvesting in die Namibiese vlugtelingkamp op Osire sal hul identiteite geverifieer word.
Volgens die Namibiese kommissaris vir vlugtelinge, mnr. Likius Nestor Valombola, sal vingerafdrukke en foto's geneem word, asook persoonlike besonderhede bekom word. Die redes waarom hulle Suid-Afrika verlaat het, sal aangeteken word. 'n Persoonlike profiel van elk sal ook saamgestel word.
Die minister van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Frans Kapofi, sê dié mense is deel van ’n groter groep wat ná Suid-Afrika se onlangse xenofobiese aanvalle na Namibië probeer vlug.
Hy het benadruk hulle is verplig om die regte prosedures vir aansoeke om asiel of vlugtelingstatus te volg. "Ons sal mense toelaat wat werklik in nood is, maar nie mense wat hulself op ons wil kom afdwing nie," het hy gesê.
Volgens Kapofi was hy vandeesmaand in gesprek met die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, dr. Pakishe Aaron Motsoaledi, oor ’n groep van sowat 2 000 vlugtelinge, hoofsaaklik uit die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), wat daarop aangedring het om Namibië toe te kom, maar by die grense weggewys is. Van hulle het wel die land ongesiens ingekom deur onder meer in lorries weg te kruip het.
“Hulle betaal hierdie lorriedrywers,” het die minister gesê en ’n beroep op vragmotoreienaars gedoen om die praktyk stop te sit.
Van die vlugtelinge is op Windhoek, Oranjemund en Katima Mulilo opgespoor. Dié op Katima Mulilo het daar beland na onwettige reise deur Zambië en Botswana. “Hulle was op soek na die pad na Osire,” het Kapofi gesê.
“Toe ons hulle ondervra, het baie aangedui hulle het reeds in Suid-Afrika vlugtelingstatus. Hulle is terug Noordoewer toe geneem en daar het die Suid-Afrikaanse owerhede hulle aanvaar. Suid-Afrika is verantwoordelik vir dié mense,” het hy gesê.
Teen verlede week is sowat 400 by Namibiese grensposte weggewys. Volgens Kapofi moet dié wat reeds in Suid-Afrika vlugtelingstatus het, daar bly of amptelik by Namibië aansoek doen om heerheen te kom.
Kapofi het gesê Namibië beskou die kwessie as ’n "onwelkome inval", maar het begrip vir die situasie in die DRK en in ander Afrikalande.
“Ons is nie teen vlugtelinge of asielsoekers nie. Ons is mense,” het hy gesê.
“Van hierdie mense bly langer as tien jaar in Suid-Afrika. Is hulle vlugtelinge vanweë nood of uit eie keuse? Ons aanvaar mense wat beskerming benodig. As hulle opreg is en werklik hulp benodig, kan hulle by ons grensowerhede aanmeld,” het Kapofi gesê, maar ook 'n waarskuwing gerig.
"Ons sal nie toelaat dat Namibië deur sogenoemde asielsoekers ingeval word nie. Ons sal die nodige stappe doen om die integriteit en soewereiniteit van ons land te beskerm. Mense kan hulself nie in Namibië ‘inforseer’ nie.
Daar is tans sowat 6 000 vlugtelinge uit verskeie lande op Osire gevestig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie