VN bespreek vandag konflik in Gasa-strook
Die konflik tussen Israel en die Palestyne word vandag op die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering bespreek.
Palestynse ekstremiste wat Israel reeds vir meer as 'n week met vuurpyle bestook, het gerugte oor 'n skietstilstand ontken.
Israel se N12 TV News-nuuskanaal het bronne in Palestina aangehaal wat glo gesê het 'n skietstilstand sal vanoggend intree.
Hamas het dit egter Dinsdag in 'n verklaring ontken.
Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het Dinsdag weer gesê lugaanvalle in antwoord op die aanslag deur Hamas sal voortduur totdat vrede en kalmte vir inwoners in Israel bewerkstellig is.
Die wedersydse aanvalle het gisteroggend voortgeduur.
Intussen is daar bekend gemaak dat twee Thaise werkers Dinsdag dood en sewe mense gewond is toe vuurpyle 'n plaas in Israel, net duskant die Gasa-grens, getref het.
Sirenes het in die stad Ashdod in die suide van Tel Aviv geloei om inwoners te waarsku teen 'n Hamas-aanslag, maar nog geen skade of sterftes is aangemeld nie.
Mediese beamptes in Gasa sê 217 mense is reeds in Palestina dood, waarvan 63 kinders is. Meer as 1 400 mense is gewond.
Volgens Israel is 12 mense, insluitend twee kinders, in Israel dood sedert die konflik verlede Maandag begin het.
Israel se lugaanvalle teiken die huise van Hamas-militante wat as operasionele punte gebruik word en waar wapens geberg word.
Minstens 450 geboue in die Gasa-strook is reeds vernietig of erg beskadig. Dit sluit ook ses hospitale en nege primêre gesondheidsentrums in.
Die Verenigde Nasies (VN) sê 48 000 van die 52 000 mense wat uit hul huise in die Gasa-strook moes vlug, word in VN-skuilings gehuisves.
Israel sê 3 450 vuurpyle is reeds vanaf Gasa afgevuur, maar Israel se teenmissielstelsel kon dié missiele in die lug onderskep terwyl die ander missiele in die meeste gevalle nie die grens oorgesteek het nie. Volgens Israel is 160 militante dood.
Frankryk het ook Dinsdag 'n beroep op die VN-veiligheidsraad gedoen om tussenbeide te tree nadat pres. Joe Biden van Amerika Maandag gesê het hy ondersteun 'n skietstilstand tussen die twee lande.
Duitsland het ook intussen vir 'n skietstilstand gevra en aangebied om mense in Palestina te help voordat die Europese Unie (EU) 'n noodvergadering oor die geweld belê.
Die kwessie word vandag op die VN se algemene vergadering bespreek.
– Nampa/Reuters
FOTO
’n Palestynse man kyk Woensdag na ’n motor wat in ’n lugaanval op ’n huis in Gasa-stad vernietig is. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie