VN help Namibië in 2017
Die Verenigde Nasies bly een van die land se beste bondgenote en in 2017 is dit opnuut bewys.
Die Verenigde Nasies (VN) was verlede jaar baie besig in Namibië en het ondersteuning op veral vier gebiede gebied.
Dit sluit die onderwys- en vaardigheidsektor in, die vermindering van armoede, die institusionele omgewing en gesondheid.
Volgens die VN se nuusbrief is bystand verleen met die implementering van beleid, kapasiteitsbou, en die maak van voorspraak deur VN-agentskappe, -fondse en -programme.
VN-Namibië het onder meer ‘n Forum vir Ontwikkelingsvennote in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie aangebied.
Hier is ontwikkelingsvennote die geleentheid gebied om hul werksaamhede meer vaartbelyn te maak ten einde die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDGs) en die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) ‘n werklikheid te maak.
VN-Namibië het ook ‘n belangrike bydrae gelewer tot die opstel van die NDP5 en om te verseker die SDGs is deel daarvan.
Volgens die nuusbrief sal die VN voortgaan om Namibië te help om armoede teen 2025 uit te wis.
Op 1 November verlede jaar het biskop Zephania Kameeta, die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, en me. Kiki Gbeho, die VN se inwonende koördineerder, die VN se Bevolkingsfonds (UNPF) se vlagskip-verslag, The State of the World Polulation 2017, op Dordabis bekend gestel.
Dié geleentheid het met die Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing saamgeval en is deur ongeveer 200 lede van die gemeenskap bygewoon.
In dié verslag, onder die opskrif “Wêrelde verwyderd: Reproduktiewe gesondheid en regte in ‘n era van ongelykheid”, is klem gelê op ongelykheid wat regte met betrekking tot reproduktiewe gesondheid betref, asook die omvang daarvan, die uitdagings wat daarmee gepaard gaan en moontlike oplossings daarvoor.
Die VN se voedselprogram (UNFP), ‘n tegniese vennoot van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het verlede jaar ‘n werkwinkel vir nasionale belanghebbendes aangebied oor openbare-private vennootskappe (PPP) om ‘n voedingsprogram vir skole in die land tot stand te bring.
Die doel van die byeenkoms was om die konsep-strategie vir skoolvoeding daar te stel en om sterker vennootskappe te verseker.
Die geleentheid is deur verskeie regeringsamptenare en ministers, asook deur lede van die private sektor bygewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie