VN herdenk 72 jaar
Maria Eiseb - Ter viering van die Verenigde Nasies (VN) se 72ste herdenking wat onlangs in die hoofstad gehou is, het die VN in Namibië ’n uitstalling vir skole gehou.
Die uitstalling het ten doel gehad om jongmense aan te moedig om betrokke te wees by positiewe verandering wat nasionale, streeks- en internasionale ontwikkelingsagendas betref.
Die tema van die uitstalling was “Verenig met Namibië vir volhoubare ontwikkeling”.
Me. Kiki Gbeho, inwonende koördineerder vir die VN in Namibië, het gesê vennootskappe moet ook met die jeug onderneem word om armoede uit te roei, die planeet te red en sukses vir almal te verseker.
"Ons uitdaging aan die jeug is om die geslag te wees wat ’n regverdige wêreld skep - ’n wêreld met ’n gesonde en opgevoede bevolking waar armoede iets van die verlede is.
“Ons daag julle uit om te verenig vir ontwikkeling," het Gbeho gesê.
Sy het gesê die jeug vorm ’n groot deel van Namibië se bevolking, en volgens die United Nations Economic and Social Affairs (Unesa) sal Afrika se jeugbevolking teen 2055 meer as verdubbel.
Leerlinge van die Sunshine private skool se marimba-groep het met hul uitvoering die gehoor aangemoedig om hul stemme te gebruik om die verandering te wees wat hulle wil sien en om die VN se 17 wêreldwye doelwitte te bereik.
By dieselfde geleentheid het me. Lucia Iipumbu, adjunkminister van nasionale beplanning, gesê die VN speel ’n groot rol in die implementering van die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5).
“Ons sien uit na ’n vriendskap wat nog lank sal voortduur,” het Iipumbu gesê.
“Ons wil die jeug ook betrek en hulle voorberei daarop om eendag verantwoordelike grootmense te wees.”
Ipumbu het gesê jongmense moet vandag begin, want môre is dit dalk te laat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie