VN-huis kry sonpanele
Verlede week is sonpanele op die dak van dié hoofkantoor bekend gestel.
Die Verenigde Nasies (VN) in Namibië spog nou met 400 sonpanele op die dak van die VN-huis in Klein Windhoek in die hoofstad.
Volgens die VN se inwonende koördineerder, me. Kiki Gbeho, voorsien die sonpanele sowat 100 kilowatt se elektrisiteit per uur en 'n maand ná die installering is elektrisiteitsverbruik reeds die helfte minder.
Na verwagting gaan elektrisiteitsverbruik met sowat 60% binne die komende maande afneem.
"Die VN in Namibië is reeds bevoordeel deur direkte besparings van sowat N$60 000 per maand op ons elektrisiteitsrekening," het Gbeho gesê.
"Dit is 'n geleentheid om die beste maniere om herwinbare energie te gebruik ten toon te stel, asook Namibië en die wêreld se pogings om klimaatverandering te beveg," het sy gesê.
Gbeho het ook hul vennootskap met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Sentrum vir Herwinbare Energie en Energiedoeltreffendheid (Sacree) wat in Windhoek gebaseer is, afgekondig.
"Ons sal saamwerk om die beligtingskonsep by VN-huise te verbeter om elektrisiteit te bespaar."
Gbeho sê Namibië is geseënd met uitstekende herwinbare energiebronne soos son en wind, maar net 50,4% van Namibiese huishoudings het toegang tot elektrisiteit en meer as die helfte van die land steun op tradisionele biomassa vir kookdoeleindes.
"Die goeie nuus is dat die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) en die Harambee-welvaartsplan beide skoon krag vir nywerheidsgroei en werkskepping geprioritiseer het om 'n gesonde en opgeleide nasie te verseker," het Gbeho gesê.
"Nog goeie nuus is die nasionale herwinbare energiebeleid van 2016, wat fokus op die groei van die herwinbare kragsektor, is goedgekeur. Die verkrygingsproses van die sonkragaanleg van 37 MW naby Mariental is voltooi en sal teen 2018 in werking wees."
Sy sê tydens die 2016-'17 finansiële jaar het Namibië N$39 miljoen landswyd bestee om 31 openbare instellings, asook huise en sakesentrums te elektrifiseer.
Voorts het die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP) Namibië ondersteun om die Gekonsentreerde Sonkragtegnologie-oordrag vir Elektrisiteitsgenerering-projek (CSP TT NAM) te ontwikkel.
Die projek is deur die ministerie van myne en energie gelei en deur die Wêreldomgewingsfasiliteit (GEF) in samewerking met die UNDP met US$1,8 miljoen gefinansier.
Die nuwe Wetstoepassing en Wildopleidingsentrum vir teenstropery in die Waterberg Platopark se elektrisiteit word ook deur sonkrag verskaf, asook die boorgate vir wild in die Etosha Nasionale Park. Dit is te danke aan 'n vennootskap tussen die GEF en die ministerie van die omgewing en toerisme.
"Die VN in Namibië bly verbind tot die regering om te verseker dat herwinbare energie deel is van Namibië se energieverskaffing. Ons verskuiwing na herwinbare energie is deel van hierdie verbintenis," het Gbeho gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie