VN: Idai ’n wekroep oor klimaatsverandering
Instansies wêreldwyd werk saam om mense se ellende te verlig nadat verwoesting in drie Afrikalande gesaai is.
Emma Rumney en Stephen Eisenhammer
Emma Rumney en Stephen Eisenhammer - Nagenoeg 1,85 miljoen mense in Mosambiek benodig hulp nadat die dodelike sikloon Idai die land getref het.
Dié katastrofe is nog ‘n wekroep oor klimaatsverandering, sê mnr. António Guterres, die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal.
Guterres noem Idai, wat huise platgevee en massiewe vloede veroorsaak het toe dit op 14 Maart Mosambiek naby die Beira-hawe getref het, “’n buitengewone, woeste en uitgerekte storm”.
Die sikloon het deur naburige Zimbabwe en Malawi geruk en die dood van minstens 686 mense in die drie Suider-Afrikaanse lande veroorsaak. In Mosambiek, wat die ergste getref is, is tienduisende huise vernietig. Honderdduisende mense is oor ‘n gebied van 3 000 vierkante meter ontwortel.
“Minstens ‘n miljoen kinders het dringend hulp nodig en dié getal kan toeneem. Ons is bevrees dorpies het heeltemal weggespoel op plekke wat ons nog moet bereik,” het Guterres vir verslaggewers by die VN gesê.
Skade van U$1 miljard (sowat N$14,62 miljard) is volgens berigte aan infrastruktuur aangerig, volgens Guterres. “Dié storm was weer eens ‘n wekroep oor die gevare van klimaatsverandering.”
Hoewel wetenskaplikes sê enkele weerstoestande kan nie aan klimaatsverandering toegeskryf word nie, erken hulle aardverwarming veroorsaak wel uiterste reënval en storms, verswelgende hittegolwe, kleiner oeste en waterskaarste wêreldwyd.
Sakkende vloedwater in Mosambiek bied nou groter toegang tot geteisterde gebiede en mense se verliese is al hoe meer sigbaar. Duisende wat vir meer as ‘n week deur die vloede gestrand was, word tans na skuilings verskuif. “Ons laai werkers met helikopters af om te bepaal watter behoeftes kritiek is,” het mnr. Sebastian Rhodes Stampa, hoof van die VN se kantoor vir die koördinasie van humanitêre aangeleenthede, gesê.
GROOT, DIGTE BEVOLKING
Noodleniging is nou gemik op die voorkoming of beheer van onvermydelike malaria- en cholera-uitbrekings.
Tot dusver is geen cholera-gevalle bevestig nie, maar gesondheidswerkers het ‘n toename van mense met diarree – ‘n simptoom van die siekte – aangemeld.
“Ons doen toetse soos ons aanbeweeg,” het mnr. Rob Holden, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se voorvallebestuurder in die hoofstad Maputo, gesê. “Maar ons behandel wel akute, waterige diarree. Dit is dieselfde as om cholera te behandel.”
“Beira het ‘n groot, digte bevolking,” het mnr. Gert Verdonck, koördineerder van noodgevalle vir Dokters sonder Grense (MSF), gesê. “Natuurlik sal enige epidemie baie vinniger hier versprei.”
Die WHO het 900 000 dosisse mondelikse cholera-entstof van ‘n wêreldwye voorraadstapel gestuur. In die eerste ronde inentings sal 100 000 mense gehelp word.
Cholera word deur ontlasting in rioolbesmette water of kos versprei. Uitbrekings kan vinnig in ‘n humanitêre krisis ontaard waar sanitêre stelsels gebrekkig is. Indien dit nie behandel word nie, kan dit binne ure tot die dood lei.
Die VN se Wêreldvoedselprogam (WFP) het Mosambiek as ‘n vlak drie-noodgeval gelys – op dieselfde vlak as Sirië, Jemen en Suid-Soedan. Die agentskap maak gereed om 1,7 miljoen mense in Mosambiek, met sy bevolking van sowat 30 miljoen, te voed.
Die VN doen ‘n beroep om U$282 miljoen (ongeveer N$4,1 miljard) om die eerste drie maande van ramphulp in Mosambiek te finansier, en ‘n totaal van U$337 miljoen (sowat N$4,926 miljard). Tot dusver is net 2% van die bedrag bekom.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het aangedui dit sal geldelike noodbystand in Mosambiek oorweeg deur middel van sy fonds Rapid Credit Facility.
Dit is nog te gou om die sikloon se presiese makroëkonomiese impak en herbouingskoste te bepaal, “maar dit sal aansienlik wees,” het die IMF in ‘n verklaring gesê.
Die IMF se hoof van die sending in Mosambiek, mnr. Ricardo Veloso, het gesê dit sal U$60 miljoen (N$877 miljoen) tot U$120 miljoen (N$1,754 miljard) aan die land leen om met herbouings te help.
Mosambiek het in 2016 U$1,4 miljard (N$20,47 miljard) se vorige onverklaarde lenings erken. Dit het IMF genoop om steun te staak, wat tot ‘n ineenstorting van die land se geldeenheid en wanbetaling van skuld gelei het.
SOEK DEUR DIE PUIN
In Zimbabwe, waar 179 mense gesterf het, is honderde mense steeds vermis.
In die Chimanimani-distrik soek inwoners met skoffels en grawe in die puin na familielede wat moontlik in die modderstortings begrawe is.
Een van die families het dag en nag na vier familielede gesoek in wat vroeër ‘n nedersetting met 500 inwoners was, maar waarvan niks oorgebly het nie.
Al wat sigbaar is, is rotse - sommige meer as twee meter hoog - wat gevaarlik vinnig bergaf gerol het. Die polisiekantoor, huise en ‘n ope mark is deur die storm vernietig.
“Ek is nou wees en in soveel pyn, want ek het my broer verloor wat na my omgesien het. Hy was soos ‘n pa vir my,” het me. Sarah Sithole (32), gesê. Haar broer was aan diens by die polisiekantoor toe hy deur die vloede weggesleur is.
“Ons sal aanhou soek totdat ons hom kry en hom dan begrawe. Ons sal nie rus nie,” het sy gesê - haar hande en voete besmeer met die rooi grond.
Bykans 95% van die paaie in die geteisterde distrikte is beskadig, wat reddingswerkers met grondverskuiwingstoerusting se toegang belemmer. Zimbabwe het Suid-Afrika versoek om snuffelhonde te stuur, het ‘n plaaslike regeringsamptenaar gesê.
Die WFP het aangedui dit sal voedselvoorrade aan 732 000 mense in Malawi en 270 000 in Zimbabwe versprei. - Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie