VN lieg, sê Namibië
Namibië het glo in April vanjaar sy jongste verslag oor Noord-Koreaanse aktiwiteite in die land by die VN se veiligheidsraad ingedien.
Estelle de Bruyn - Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het ná uitlatings in ‘n berig wat deur die Amerikaanse TV-netwerk CNN uitgesaai is, ontken dat Namibië versuim het om ‘n verslag oor Noord-Koreaanse (DPRK) aktiwiteite in te dien.
CNN het by die Verenigde Nasies (VN) in New York ‘n onderhoud gevoer met mnr. Hugh Griffiths, voorsitter van die veiligheidsraadkomitee wat ingevolge resolusie 1718 van 2006 tot stand gekom het (kortweg die 1718-komitee).
In die onderhoud sê Griffiths die komitee wag al langer as ‘n jaar vir “skriftelike bewyse en dokumentasie” wat toon Namibië het sy kontrakte met Mansudae Overseas Projects (MOP) beëindig.
“Die regering van Namibië wil dit kategories stel dat verslae by die VN se veiligheidsraadkomitee, soos vereis, ingedien is. Die laaste een is op 8 April 2017 ingedien,” lui ‘n verklaring van amb. Lineekela L. Mboti, waarnemende permanente sekretaris van internasionale betrekkinge en samewerking.
“Soos minister Netumbo Nandi-Ndaitwah tydens die onderhoud met CNN op 10 Oktober in Windhoek verduidelik het, het Namibië kontrakte met KOMID en MOP in Namibië opgeskort vir so lank as wat die VN-veiligheidsraad se sanksies teen die DPRK van krag is. Alle DPRK-burgers het die land as deel van die implementering van die VN-veiligheidsraad se sanksies teen die DPRK verlaat,” het Mboti gesê.
Die eerste VN-sanksies teen Noord-Korea is in 2006 aanvaar. Strydig met wat Mboti sê, is bouwerk aan Staatshuis eers in Maart 2008 voltooi en die Onafhanklikheidsmuseum is in 2014 ingewy - lank nadat VN-sanksies reeds van krag was.
Bouwerk aan die ministerie van verdediging se hoofkantoor by die militêre basis in Suiderhof het nog voortgegaan toe die Noord-Koreane uiteindelik die trekpas gegee is.
Mboti het opnuut verseker Namibië is verbind aan die nakoming van alle VN-resolusies van toepassing op die DPRK.
Hy het die paneel deskundiges van die VN-komitee weer eens uitgenooi om Namibië te besoek en hulle ter plaatse te vergewis daarvan dat Namibië aan resolusies en sanksies gehoor gee.
Hy sê die komitee het die uitnodiging erken, maar het laat weet hulle kan die land weens ’n besige program nie besoek nie.
“Hierdie uitnodiging is steeds van krag,” het Mboti gesê.
Die VN se veiligheidsraad het sedert 2006 agt resolusies in reaksie op Noord-Korea se kern- en missielaktiwiteite aanvaar.
Die eerste twee resolusies is aanvaar kort nadat Noord-Korea in onderskeidelik 2006 en 2009 kerntoetse uitgevoer het.
Die derde resolusie is aanvaar ‘n maand nadat Noord-Korea in Desember 2012 ‘n satelliet met welslae gelanseer het.
Die vierde het gekom ná Noord-Korea se kerntoets in Februarie 2013, die vyfde en sesde resolusies is in onderskeidelik Maart en November 2016 aanvaar en die sewende een in Augustus vanjaar ná twee interkontinentale ballistiese missiele deur Pjongjang afgevuur is.
Die agtste resolusie het in September vanjaar gevolg nadat Noord-Korea sy sesde kerntoets uitgevoer het.
Die VN moniteer die implementering van sanksies deur middel van die 1718-komitee en ‘n paneel deskundiges. Die paneel doen gereeld verslag oor die status van sanksies en hoe dit afgedwing word, wat aan die Veiligheidsraad voorgelê word.
Verdoemende getuienis oor Namibië se skending van die VN-resolusies en sanksies is in hierdie verslae gepubliseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie