VN ‘magteloos’ toe president se troepe moor, verkrag
Noodlenigingswerkers in hotel geteiken
Suid-Soedannese soldate het ná ’n skermutseling met opposisierebelle noodlenigingswerkers in ’n vlaag van geweld verkrag en selfs ’n joernalis ten aanskoue van die werkers vermoor.
Een van die werkers is deur 15 van die soldate verkrag
Human Rights Watch (HRW), wat pas ’n verslag uitgereik het oor die grudade sedert 11 Julie in dié land, glo altesame meer as 200 vroue is in dié kort tydperk verkrag in misdade wat in baie gevalle herlei kan word na regeringsoldate van die wêreld se jongste land. Van die ernstigste voorvalle het skaars ’n kilometer van die basis van die Verenigde Nasies (VN) se vredesending in Suid-Soedan (UNMiss) gebeur.
Die soldate het die Terrain-hotel in Juba bestorm waar die meeste van die werkers gebly het, juis omdat hulle gemeen het hulle is veiliger naby die basis.
Die VN het niks gedoen om hulle te beskerm nie.
Dié aanval het gevolg ná ’n skietery tussen pres. Salva Kiir van Suid-Soedan se regeringsmagte en die opposisielede van Riek Machar, die voormalige adjunkpresident en opposisieleier.
Dit lyk of dit veral die president se soldate van Kiir was wat in die aanvalle op die buitelandse werkers betrokke was.
Die nuusagentskap AP, wat met van die verkragtes gepraat het, sê ná die aanvanklike skermutseling tussen Kiir en Machar se manskappe was alles ’n dag lank rustig.
Die volgende oomblik het hulle skote gehoor wat hulle gedink het geskiet is om die einde van die skietgeveg te vier.
Dit is toe dat Kiir se soldate op soek na Machar-simpatiseerders die hotel bestorm en verwoesting gesaai het.
“Hulle was opgewonde, baie dronk, duidelik onder die invloed van iets – amper waansinnig – terwyl hulle rondgeloop en blindelings skote geskiet het,” sê ’n Amerikaanse noodlenigingswerker. Die meeste van die soldate het die kenteken van ’n tier, die presidentswagte se teken, op hul uniforms gehad.
Die Suid-Soedannese regering het die HRW se verslag veroordeel en gesê daar is geen bewyse dat sy soldate betrokke was nie.
Die soldate het die werkers met geweerkolwe geslaan en later ’n metaaldeur stukkend geskiet wat die werkers toegesluit het in ’n poging om hulself te beveilig.
Saam met die vroue was ’n Suid-Soedannese joernalis, John Gatluak, wat vir die Amerikaanse noodlenigingsorganisasie USAid gewerk het.
Hy was ’n Nuer, dieselfde etniese groep as Machar.
Hy is koelbloedig doodgemaak.
Ten tyde van die aanval het die werkers UNMiss vergeefs probeer kontak om hulle te help.
Kritiek teen dié versuim van die VN om burgerlikes te beskerm, het die VN se veiligheidsraad die afgelope week genoop om ’n reaksiemag van 4 000 soldate na Suid-Soedan te stuur.
Die mandaat vir dié mag is egter om eerstens die VN, sy personeel en sy bates te beskerm en dan noodlenigingswerkers en burgerlikes in vlugtelingkampe.
Tydens die voorvalle in Julie het die regering UNMiss egter verbied om sy basisse te verlaat, wat veroorsaak het dat die vredesmag magteloos was.
Intussen het noodlenigingsorganisasies voortgegaan om personeel te verwyder en na Uganda te neem.
Die meeste buitelandse missies het reeds hul nie-noodsaaklike personeel onttrek.
Machar skuil tans in die Demokratiese Republiek van die Kongo, terwyl vrese toeneem dat ’n volskaalse burgeroorlog kan uitbreek in Suid-Soedan, wat vyf jaar gelede eers onafhanklik geword het van Soedan. - Netwerk24/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie