VN sal belofte van waardige lewe nakom
President spreek 71ste sitting van VN se Algemene Vergadering toe
Estelle de Bruyn - Namibië het sy gewig agter die tema van vanjaar se sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) ingegooi en steun ten volle die implementering van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Vanjaar se tema is: “Die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte: ’n universele poging om ons wêreld te transformeer”.
In sy toespraak voor die Algemene Vergadering Woensdag om 16:00 (Namibiese tyd), het pres. Hage Geingob gevra dat inklusiewe ekonomiese groei, wat tot waardige werkgeleenthede vir die wêreld se burgers sal lei, die tema moet wees. Hy vra dat wegbeweeg word van die “werklose groeimodelle” wat tans aan die orde van die dag in verskeie lidlande van die VN is. Net deur middel van inklusiwiteit kan die vloek van armoede die hoof gebied word.
Hy het ook op die belangrikheid van die private sektor gewys en gesê die Namibiese regering kan nie alleen ekonomiese groei stimuleer en werkgeleenthede skep nie.
Wat maatskaplike geregtigheid betref, sê hy Namibië is besorg oor die hoogste vlak van ontheemdes sedert die VN tot stand gekom het.
“Die vlugtelingkrisis het ons onmiddellike, kollektiewe aandag nodig,” het Geingob gesê. Hy was dit eens met die sekretaris-generaal van die VN, mnr. Ban Ki-moon, dat globale solidariteit in die verband nodig is en dat die sleuteloorsake, eerder as die simptome, aandag moet geniet.
“Ons glo dat niemand uitgelaat moet voel nie, omdat ons daarvan bewus is dat inklusiwiteit vrede bring en uitsluiting oorloë teweeg bring,” het Geingob gesê.
Die president het die Algemene Vergadering ook meegedeel dat Namibië die Parys-ooreenkoms bekragtig het. Dit is verlede week vóór die VN-sitting, ter elfder ure deur Namibië se Nasionale Vergadering bekragtig.
“Klimaatverandering is ’n globale probleem en vereis ’n globale reaksie van ons, in die ontwikkelde asook in die ontwikkelende wêreld.
“In hierdie verband is die VN se raamwerk-konvensie oor klimaatverandering en die Sendai-verklaring oor die vermindering van ramprisiko, die sentrale, multilaterale raamwerke vir samewerking om klimaatverandering en ander ramprisiko’s soos droogtes, die hoof te bied.
“Namibië is een van die droogste lande in die wêreld. Ons het ambisieuse binnelandse stappe oor klimaatverandering gedoen, insluitende maniere om die impak daarvan te verminder en daarby aan te pas, en die verliese en skade wat dit meebring, insluitend natuurlike rampe, te oorkom.
“Terselfdertyd ontwikkel ons hernubare energiebronne soos son- en windkrag en hidro-elektriese kragopwekking,” het hy gesê.
Hy sê die beginsel van gemeenskaplike, maar onderskeie verantwoordelike, moet in stand gehou word. Hy het die aktivering van die Groen Klimaatfonds verwelkom omdat dit die werksaamhede van die fonds sal desentraliseer.
Hy het ook daarop gewys dat Namibië aangebied het om die Afrika-streeknaaf vir die Groen Klimaatfonds te huisves, nadat Namibië tweede naas Suid-Korea gekom het in die aanbod om die wêreldhoofkwartier van die Groen Fonds te huisves.
“Namibië glo dat die VN die sentrum vir die konsolidering van die internasionale regstaat bly. Vir regerings en organisasies soos die VN, om weer die vertroue van mense, wat oor die jare hul vertroue in globale leierskap verloor het, terug te wen, moet inklusiwiteit en deursigtigheid aan die voorpunt van bestuur staan. Om hierdie rede is die hervorming van die Veiligheidsraad van die uiterste belang. Die hervorming van die Veiligheidsraad kan nie verhinder word in belang van die aspirasies van enkele lande nie. Die Veiligheidsraad is van te groot belang as instansie om net die belange van enkeles te dien,” het hy gesê.
Namibië is volgens hom verbind tot die gemeenskaplike Afrika-posisie en hy is van mening dat Afrika verteenwoordiging op die Veiligheidsraad moet hê.
Geingob het opnuut Namibië se steun vir die mense van Palestina en Wes-Sahara in hul strewe na selfbeskikking bevestig.
“Namibië bly vol vertroue, dat ondanks die feit dat die mensdom van die grootste ongeëwenaarde uitdagings in sy geskiedenis in die gesig staar, onder die VN ons die belofte sal nakom om ’n lewe van waardigheid vir almal te verseker,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie