VN-waghond verlaat Rwanda
VN-waghond verlaat Rwanda

VN-waghond verlaat Rwanda

‘n Al groter wolk hang oor die stand van menseregte in Rwanda nadat ‘n VN-afvaardiging hul sending opgeskort het.
NAMPA
Die Verenigde Nasies se subkomitee belas met die voorkoming van marteling, het sy besoek aan Rwanda opgeskort.

As rede word aangevoer dat die regering struikelblokke in die pad van die feitesending geplaas het.

Rwandese owerhede het die VN-afvaardiging verhinder om toegang tot sommige plekke van aanhouding te kry en het dit onmoontlik gemaak om “private en vertroulike” onderhoude te voer, lui ‘n verklaring van die VN.

Volgens die VN is dit die derde keer in 10 jaar dat ‘n sending opgeskort word. ‘n Beroep is op Rwanda gedoen om met die subkomitee saam te werk en “aan internasionale verpligtinge te voldoen”.

Hierdie gebeure is ‘n verdere klad op die menseregterekord van die regering van pres. Paul Kagame, wat toenemend deur menseregtegroepe vir wydverspreide misbruike, die onderdrukking van die opposisie en die muilband van die onafhanklike media gekritiseer word.

Die VN-liggaam sê die mense met wie die groep gepraat het voor die sewe dae lange besoek opgeskort is, het gesê hulle vrees weerwraak. “Ons mag nie die mense wat met ons saamgewerk het, in gevaar stel nie,” lui die verklaring.

Die Rwandese owerhede was nie vir onmiddellike kommentaar beskikbaar nie, maar het beskuldigings van onwettige aanhouding en marteling ontken, wat onlangs deur Human Rights Watch in ‘n verslag gerapporteer is. Volgens die verslag martel die regering aangehoudenes gereeld met aanrandings, versmoring, klug-teregstellings en elektriese skokke.

‘n Vooraanstaande kritikus van die president, Diane Shima Rwigara, is verbied om haarself vir presidentskap verkiesbaar te stel. Sy is in September in Kigali aangehou en staar klagte van die vervalsing van verkiesingsdokumente en die aanhitsing tot geweld in die gesig.

Sy het verlede week in die hof gesê haar familie en ondersteuners is aan marteling onderwerp. Regters sal vandag uitspraak oor haar borgaansoek lewer. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!