Voed meer mense deur vermorsing te bekamp
Vanjaar se Wêreldvoedseldag in perspektief
Dr. Kobus Laubscher - Die jaarlikse Wêreldvoedseldag gaan te maklik ongesiens verby in ons land.
Dit is ‘n internasionale gebeurtenis onder die leiding van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) en die fokus en verwagte uitkomste is noemenswaardig.
Globaal is daar ‘n doelgerigte strewe om hongersnood uit te wis – nog beter; die takeling van abnormaliteite wat met kos en kosproduksie te make te. Die sogenaamde Millenniumdoelwitte is goed gedokumenteer en gee rigting aan die insette wat gaan bydrae tot die doelwitte.
Behalwe dat dit in sommige gevalle goed vertoon op die curriculum vitae van maatskappye sou hulle bydra, praat feite al hoe harder.
Die wêreldbevolking snel voort teen ‘n groeikoers waarteen daar tans nog geen voldoende verskansing is ten opsigte van hoe om die báie meer mense kos te gee nie.
Namate kennis oor eet, eetgewoontes, voeding, ensovoorts beskikbaar kom, word ander amper groter ellendes ten opsigte van voeding blootgelê: dié van vetsugtigheid en ondervoeding.
Heelwat is die afgelope tyd daaroor geskryf, maar wat ook al hoe meer aandag kry, is die vermorsing van kos. Dit is ‘n paradoks, want enersyds is die landbou en verwante bedrywe verplig en ingestel op meer met minder, terwyl daar ook hard gewerk word om vermorsing te bekamp. Een derde van kos word onverbruik weggegooi.
Hierdie toedrag van sake het egter weer aanleiding gegee tot nuwe inisiatiewe, naamlik oor heraanwending voor vernietiging. Wat verblydend is, is leiding deur voorbeeld en die nuutste is waar vooraanstaande kokke hulle verbind tot verbeterde verbruik van kos.
Die eerste van ‘n aantal van sulke kos-ghoeroes, is sjef Alfredo Oropeza van Mexiko. Hy word wyd erken in Mexiko, die VSA en Sentraal- en Suid-Amerika vir sy uitgesprokenheid ten gunste van behoorlike voeding om gesondheidsuitdagings soos vetsugtigheid en oorgewig teen te werk.
Hy maak ‘n sterk saak uit vir kleinskaalse, maar volhoubare produksie van heilsame kos as sleutel tot beter voeding en verbeterde landelike leefstyle. Sy gaste moet kan eet wat heilsaam is daar waar die kos vandaan kom.
Sjef Bertrand Simon is ‘n Franse kok wat bekendheid verwerf het vir sy erg kritiese siening oor kook. Hy het ook bekend geword vir die beskikbaarmaking van gratis resepte wat die gebruik van plaaslike, vars en heilsame bestanddele.
Hy glo in eenvoudig kombinasie van disse, maar veral die aanwending van wat ander as afval sien, word in geen onduidelike taal gepropageer.
Hy hou ‘n webjoernaal by oor die waarde van tuinmaak in die stad en het dit teen afval. Welvarende mense gooi te maklik weg en soppe van die loof van byvoorbeeld rape wat andersins in die asblik beland, is van sy bekendstes. Beter keuses van bestanddele is volgens sjef Simon die aangewese.
Sjef Katsuhiro Nakamura is bekend vir demonstrasies oor hoe om te kook sonder om meer afval te genereer. Japan se afvalkos word tans geraam op meer as 6 miljoen ton per jaar en sy missie is om alle verbruikers en kokke deurgaans bewus te maak om minder te mors en respek te hê vir die kos en waar kos vandaan kom.
Dit is verkeerd dat gaste restaurante verlaat en onverbruikte kos agterlaat. Sy uitgangspunt is om dit saam te neem en tuis te gebruik en sy resepte en opleiding fokus daarop.
Dalk moet spyskaarte verduidelik wat om in restaurante te eet en wat om te doen met wat nie geëet word nie.
Shef Elijah Amoo Addo is ‘n Ghanese sjef en stigter van die Food for All Africa Programme. Hy verwerk onverkoopte kos in restaurante en supermarkte om veral honger straat kinders kos te gee.
Na raming is tot 4 uit 5 kinders in Ghana op straat pleks van in die skool omdat hulle nie kos het om te eet nie. Die fokus van sy program is dus om kinders te voed sodat hulle skool kan bywoon.
Hierdie voorbeelde behoort ons wat het tot orde te roep deur ons aan die dink te sit oor waar om te begin om honger om ons teen te werk, selfs al het onsself genoeg om te eet.
Dit gaan oor wat ons doen met wat ons het, sodat daar ook kos is vir dié wat nie so gelukkig so ons is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie