Voedsel na Suide versprei
Mariental
Die Duitse ambassade in Namibië se voedselverspreidingsprojek het aan byna 70 families op Mariental kospakkies verskaf.
Dié projek beoog om die impak van Covid-19 hok te slaan en sowat N$28 143.77 vanuit die ambassade se mikroprojekfonds is glo vir die aankoop van kospakkies gebruik.
Die kospakkies is deur gemeenskapslede van die Women's Missionary Society (WMS) uitgedeel. Die WMS is 'n organisasie wat deel van die African Methodist Episcopal Church vorm. Hulle het die ambassade genader en met die skenkings begin.
NOOD
Die families met die grootste nood is deur die WMS geïdentifiseer. Bejaardes en mees kwesbare gemeenskapslede is deel van die families wat die skenkings ontvang het. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie