Voedselberaad begin vandag
Die wêreldberaad moet lidlande opnuut op die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte help fokus en word as 'n virtuele geleentheid tydens die VN se algemene vergadering in New York aangebied.
Elvira Hattingh
Pres. Hage Geingob sal Namibië vandag by die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselstelselberaad verteenwoordig
Die beraad in New York begin amptelik om 11:00 vandag (Namibiese tyd), met meer as 90 lande wat na verwagting hulself opnuut daartoe sal verbind om kosstelsels te transformeer om die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) teen 2030 te bereik.
Die beraad is 'n virtuele geleentheid wat tydens die VN se algemene vergadering in New York plaasvind.
Pres. Geingob het gister reeds op Twitter aangekondig dat hy die opening van die 76ste sitting van die VN se Algemene Vergadering bygewoon het.
Tydens die beraad, 'n eerste van sy soort, sal daar hoofsaaklik gefokus word op bydraes deur staatshoofde en regeringsafgevaardigdes. Lidlande van oraloor die wêreld is genooi om aan die geleentheid deel te neem.
Behalwe vir Namibië en ander Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-lande, sal wêreldleiers soos president Alberto Fernández van Argentinië, Katrín Jakobsdóttir, eerste minister van Ysland, asook die eerste minister van Japan, Yoshihide Suga aan die beraad deelneem.
Ander belangegroepe, insluitende die jeug, kosprodusente, inheemse bevolkings, die burgerlike samelewing, navorsers, die private sektor, asook finansiële leiers sal ook hieraan deelneem.
Die doel van die beraad is om vordering met die SDG's te bewerkstellig deur middel van 'n voedselstelsel-benadering. Dit moet gedoen word deur die onderlinge verbintenisse van voedselstelsels om teen globale uitdagings soos honger, klimaatsveranderinge, armoede en ongelykheid in te span.
Die beraad is op Wêreldvoedseldag in Oktober 2019 deur die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, aangekondig.
Dit vorm deel van die dekade van aksie om die SDG's te behaal.
Ter voorbereiding vir vandag se beraad het Namibië 'n nasionale beraad in die eerste twee weke van Augustus gehou, waartydens onderwerpe soos onder meer plaaslike voedselbeleide en -strategieë, kosstelsels, Namibiërs se voedingstatus, voedselsekuriteit, verskeie landboukwessies, gewasproduksie, dieresiektes, biodiversiteit en omgewingskwessies, die bestuur van ondergrondse waterbronne en klimaatsverandering bespreek is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie