Voedselbystand vir kwesbare gesinne
Kinders wat uit vrye wil op straat woon, word aangemoedig om na hul ouerhuise terug te keer tydens die inperkingstyd.
Die streekkantoor verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn in die Omahekestreek het op 18 April voedselhulp aan 35 gesinne wie se kinders op straat woon, gegee.
Die doel is om kinders aan te moedig om tuis te bly en die risiko van blootstelling aan die coronavirus te verminder.
In 'n verklaring wat onlangs deur die skakelbeampte van die Omaheke-streekraad, mnr. Tuano Iileka, uitgereik is, is die gebrek aan kos by die huis een van die hoofredes hoekom kinders in dié streek verkies om op straat te woon.
In die Gobabis- en Otjinene-kiesafdelings het onderskeidelik 25 en tien huishoudings voedselhulp ontvang, wat verskeie items soos mieliemeel, geblikte vis, kookolie, broodmeel, blikkiesvleis, kitsgis, boontjies, lensies, sout, brood, tee en suurmelk insluit.
'n Pakkie se waarde word op tussen N$460 en N$810 geskat.
Die kositems ten bedrae van N$24 753,70 is met behulp van die streek se droogtehulpverligting-program, die voedselbank en individuele skenkers aangekoop.
Me. Theresia Hasotosi, 'n gemeenskapslid, voorsien gewoonlik met die hulp van twee vrywilligers twee maaltye per dag aan die straatkinders.
Die streekkantoor het met die uitbreking van Covid-19 besluit om Hasotosi se projek te steun deur drie maaltye per dag vanaf 28 Maart te voorsien.
Die kinders het die maaltye by die Vrouesentrum op Gobabis ontvang waar hulle bedags gehuisves is. Saans ná aandete is hulle terug na hul huise geneem.
Dié ooreenkoms is verlede Vrydag gestaak aangesien die kospakkies sedertdien by hul huise afgelewer is.
Dié reëling sal volgehou word terwyl die staat van inperking nog van krag is, maar hulle is volgens Iileka van skenkings afhanklik.
Die streekkantoor het op 18 April 'n vergadering met die kinders en hul ouers belê, waar die maatskaplike werkers me. Cynthia Muna en me. Namvula Kiimbi maatskaplike uitdagings bespreek het. Agttien kinders en dertien ouers het die vergadering bygewoon.
Die kwessies wat bespreek is, sluit in ouerlike pligte, die fisieke- en geestelike welstand van kinders, toesig oor kinders, dissipline, die herintegrasie van kinders in skole, misbruik van kinders se welsyntoelae, asook die gevolge van Covid-19.
Ander maatskaplike kwessies sluit in ouers wat kinders aanmoedig om op straat vir kos en geld te bedel om die huisgesin te onderhou, 'n gebrek aan ouers wat tuis toesig hou en druk wat op kinders geplaas word deur hulle ouer maats wat reeds aan die straatlewe gewoond is, asook huishoudings wat deur kinders onderhou word aangesien daar geen voogde is om hulle te versorg nie.
“Ouers word aangemoedig om maatskaplike werkers te nader wanneer hulle probleme met hul kinders ondervind, en om nie hul plig teenoor hul kinders te versuim nie,” sê Iileka.
Die streekkantoor is tans bewus van 41 kinders wat op straat woon, 31 op Gobabis en tien op Otjinene. Die program moet dus vir nog ses huishoudings voorsiening maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie