Voedselsekerheid daal in Suid-Afrika
69ste uit 113 lande
Dr. Kobus Laubscher
Die gesaghebbende Economist publiseer jaarliks insiggewende inligting oor 113 lande se voedselsekuriteit, maar Namibië is nie deel van die indeks nie. Botswana en Suid-Afrika tel egter onder die 113 lande wat ontleed word.
Die indeks word verwerk aan die hand van inligting wat oor vier hooffaktore ingesamel word, naamlik: Bekostigbaarheid, beskikbaarheid, veiligheid en impak op die omgewing. Die indeks meet weliswaar makrotendense met ongelukkig te min inligting om veranderings op mikrovlak te moniteer. Daarvoor is daar ander statistiek beskikbaar. Volgens die jongste verslag het Suid-Afrika globaal teruggesak, sy leierskap op die vasteland afgestaan en is nou vyfde, maar bly die leier ten opsigte van voedselsekuriteit in Afrika suid van die Sahara. Die land lê 69ste uit 113 lande met 'n totale punt van 57,8.
Die indeks bied uitstekende perspektief op vele fasette van voedselsekuriteit. Wat bekostigbaarheid betref, meet dit veranderings in die gemiddelde koste van voedsel, die deel van die bevolking wat onder die broodlyn leef, inkomste en lewenstandaard, landbou-invoertariewe, die teenwoordigheid van voedselhulpprogramme soos die skoolvoedingsprogram, en toegang tot markte en finansiële dienste.
Suid-Afrika het hier 69ste gekom, maar die deel van die bevolking wat onder die broodlyn lewe, is 'n kwelling. Daarmee saam moet landbou se voorsieningsvermoë beskerm word.
WISSELVALLIG
Wat beskikbaarheid betref, is daar rede tot kommer. Die grootste bydraende faktore tot die feit dat Suid-Afrika hier die 85ste plek beklee, is wisselvalligheid van produksie.
Die beperking kan bepaald teruggevoer word na die droogtes, maar ook die gebrek aan behoorlike beleidsondersteuning. Die dubbelslagtigheid van 'n regering wat onvoldoende steun gee onder moeilike omstandighede, maar andersyds gelate is oor wanneer landbou wel presteer, is 'n kommer.
Ander faktore wat met verloop van tyd 'n negatiewe impak kan hê, is landbou-infrastruktuur soos logistieke uitdagings, waaronder die bykans onbegaanbare paaie in die platteland.
Kosverliese is ook 'n bekommernis en die jongste inligting dui daarop dat Suid-Afrikaners jaarliks meer as 134 kg kos per capita onverbruik weggooi. Dit is verstommend as mens die omvang van toenemende huishoudelike voedselonsekerheid/honger in ag neem. Beleid is nou nodig om balans te bring.
Wat voedselveiligheid en -kwaliteit betref, is Suid-Afrika 53ste en word die aspek uitgelig as 'n sterk punt. Dit is gerusstellend dat Suid-Afrika al hoe beter vaar wat die voedingswaarde van kos betref.
Ongelukkig het ander navorsing gewys op die impak van dieetpatrone wat noodwendig aangepas moet word as gevolg van die maatskaplike ontwrigting van toenemende werkloosheid.
Andersyds sukkel Suid-Afrika met die nadele van vetsugtigheid en oorgewig. Dit dui op ander probleme en vra vir ingryping om lang termyn en selfs blywende ellendes te beperk.
GRONDGEBRUIK
Die vierde komponent waarvolgens die impak van die omgewing op voedselsekuriteit ontleed word, presteer tans goed – Suid-Afrika beklee die 48ste plek. Die situasie sal bepaald versleg as gevolg van die ineenstorting van plaaslike infrastruktuur. Grondsekerheid is 'n ander uitdaging, want dit beïnvloed beleggings ten opsigte van volhoubare voedselproduksie. Net so is daar rede tot kommer oor die regering/beleidmakers se begrip van werklike optimale grondgebruik en die mate wat die aanwending van tegnologie nie deur middel van beleid aangevul word nie.
Die vraag is wat bekommer ontleders oor die huidige toedrag van sake? Die belangrikste uitdaging ten opsigte van voedselsekuriteit is die stabiliteit van voorsiening. Belangrike struktuursveranderings in die vraag en verbruik kan nie praktyk word nie, omdat voorsiening van kos tot op die bord om die verkeerde redes ontwrig word. Dit is nie die landbousektor se skuld nie.
Landbou se bydrae is te lank as vanselfsprekend aanvaar en beleid is nie in pas met dit waarmee boere gekonfronteer word nie.
Noudat oorgrens handelspraktyke ná die pandemie herskik, is groter waardering nodig vir wat die boer doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie