Voedselvoorsiening laatreuse-koolstofspoor agter
Landbouproduksie se koolstofvoetspoor is besig om kleiner te word, asook dié van die prosesse wat volg om kos aan verbruikers te lewer.
Ronelle Rademeyer – Kweekhuisgasse wat vrygestel word tydens voedselverwerking, -verpakking, -vervoer, huishoudelike verbruik en afvalverwydering plaas die kosvoorsieningsketting boaan die lys van grootste sondaars, wys 'n nuwe studie.
Navorsing hieroor deur die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie (FAO) in samewerking met die Internasionale Energie-agentskap (IEA), die Universiteit van Columbia en die Potsdam Instituut vir Klimaatsimpakstudies, is verlede week tydens COP26 in Glasgow, Skotland, vrygestel.
Dit het bevind 31% van kweekhuisgasvrystellings waarvoor die mens verantwoordelik is, het sy oorsprong in die landbou-voedselstelsel.
Die FAO sê in baie lande is die kosvoorsieningsketting besig om landbou en grondbenutting verby te steek as die grootste vrysteller van kweekhuisgasse binne dié stelsel.
Dit blyk aktiwiteite wat nie met die bedrywighede op plase verband hou nie, dra in sommige streke tot meer as die helfte van die koolstofvrystellings by. In ontwikkelde lande het dit die afgelope drie dekades meer as verdubbel.
IMPLIKASIES
Die belangrikste verwikkeling sedert die 1990's is die styging in voedselverwante vrystellings wég van die plaashek in die produksieprosesse wat nodig is om voedsel op verbruikers se tafel te plaas, sê die FAO se hoofekonoom, Maximo Torero.
“Dit het belangrike implikasies vir voedselverwante nasionale strategieë om kweekhuisgasse te verminder, aangesien daar tot onlangs gefokus is op maniere om vrystellings op plase te verminder,” sê hy.
Die FAO sê die nuwe studie het 'n groter stel data gebruik en dit help verbruikers om bewus te wees van die groeiende koolstofvoetspoor dwarsdeur die kosvoorsieningsketting.
“Die FAO is bly om hierdie globale openbare bate bekend te stel, naamlik 'n datastel wat die grootste uitdaging van ons tyd direk en in detail ondersoek. Hierdie tipe kennis kan tot betekenisvolle bewusmaking en aksie lei,” sê Torero.
VOORSIENINGSKETTING
Die FAO benadruk egter faktore in die voorsieningsketting dryf die styging in dié stelsel en toon die toenemend belangrike impak van vrystellings deur aksies stroomaf van die plaashek.
In 2019 het die landbou-voedselstelsel 16,5 miljard ton kweekhuisgasse opgelewer. Hiervan was 7,2 miljard ton afkomstig van aktiwiteite binne die plaashek, 3,5 miljard ton was die gevolg van die veranderde gebruik van grond en 5,8 miljard ton is geskep deur prosesse in die voorsieningsketting.
In 2019 was ontbossing die grootste bron van kweekhuisgasvrystellings, gevolg deur lewende hawe se mis, huishoudelike voedselverbruik, afvalverwydering en fossielbrandstowwe wat vir boerdery-aktiwiteite gebruik word, sê die FAO.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie