Voeg bruin brood tot die dieet by
Voeg bruin brood tot die dieet by

Voeg bruin brood tot die dieet by

Dani Booysen
OOM BOY STRAUSS SKRYF:

Is die kies van 'n bruin leier nodig, nou in die tye, of is dit dalk die olifant in die kamer? Maar dis tyd om ernstig daaraan te dink.

Daar kan geen blywende oplossing wees op politiese en ekonomiese vlakke sonder die invloed van die bruin gemeenskappe nie. Die bufferstrook tussen wit en swart is onontbeerlik en word elke keer bewys met die huidige vasval.

Ons moet hande vat met ander groepe en daar is geen tyd meer vir n draadsittery nie. Mense moet stilby as hulle nie wil betrokke raak nie en daar’s ook nie meer water om hande in onskuld te was nie.

Bruinvolk, dink aan jou nageslag. Groen koring staan op land.

As ’n senior inwoner van Khomasdal sien ek daagliks die uitsluiting van ons mense in posisies. As bouer van beroep van oor die 60 jare, sien ek baie min van ons mense in die eens trotse beroep. In regeringskringe word van ons top intelligensia uitgesluit. Is dit doelbewus? In die vele sg. SOE -bestuursposisies sien jy ook nie die bruinman nie.

Is ons aangewese om met aalmoese tevrede moet wees?

Ek glo alle Namibiërs van alle bevolkingsgroepe, etniese groepe en sg. stamme is trotse inwoners van hierdie mooi land van ons. Om te kan werk vir jou familie as man en ekonomiese bouer van die land is juis die waarde van ’n broodwinner. Hoekom word ons daardie reg ontsê?

Voorts glo ek ons het probleme maar as ons hande vat, elkeen ‘n kans gee en gun, kan ons weer ons koppe optel en aan die voorspoed van Namibië werk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!