Voel soos 'n koninklike by Etosha King Nehale
Gondwana Collection se nuutste lodge aan die noordekant van Etosha Nasionale Park bied 'n unieke, onvergeetlike ervaring.
Francoise Steynberg by King Nehale
Die skoonheid van Etosha King Nehale op die Andoni-vlakte slaan nie net jou asem weg nie, maar jy word boonop soos 'n koninklike bederf.
Die nuutste lodge in die stal van Gondwana Collection Namibia het sy deure net noord van die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek op 10 Junie vir gaste oopgemaak.
Gaste kan reeds by die afdraai na die lodge letterlik op die troon klim en soos 'n koninklike voel. Daarna volg die hartlike verwelkoming met warm glimlagte, ope arms en 'n yskoue tradisionele Oshikandela-drankie deur lodgebestuurder, mnr. Tinus Adriaanse, en sy personeellede.
Die ryk en kleurvolle Oshiwambo-kultuur word hier uniek vasgevang in die smaakvolle ontwerp en binnenshuise versiering. In die middel van die ontvangslokaal is 'n reuseboma waar saans om die vuur gekuier en stories vertel word.
Die lodge is in die vorm van 'n Nguni-beeskop gebou met die 40 chalets wat as die horings na die eindelose horison van die vlakte uitstrek. Die horison kom elke dag sy belofte na van 'n asemrowende sonsopkoms en sonsondergang.
Die chalets is superluuks met 'n hemelbed voor groot vensters waar die vista van die vlaktes bewonder kan word, asook elk sy eie, private plonspoel. Die badkamer en kombuis is modern met 'n koffiestasie en 'n kroegyskas met vonkelwyn.
Adriaanse sê 80% van die personeel is van die King Nehale-bewaringsgebied. Van die tradisionele kunswerke en handvlyt is skeppings van die omliggende gemeenskappe. Hiervan kan ook in die lodge se mooi winkel gekoop word.
Saans word gaste ook met tradisionele sang en danse vermaak terwyl aan 'n verruklike driegangmaal gesmul word.
EKSKLUSIEWE WILDUITKYKPUNT
Die hoogtepunt is die wildbesigtigingsrit in Etosha met 'n persoonlike gids na 'n eksklusiewe wilduitkykpunt by 'n private watergat.
Die wilduitkykpunt wat mooi met die natuur saamsmelt, bestaan uit twee vraghouers op 'n houtdek met groot skuifvensters waar slegs 27 gaste van Etosha King Nehale die natuurwonders van Etosha kan ervaar. Groot troppe olifante speel in die watergat terwyl jy 'n skemerkelkie en peuselhappies in luuksheid geniet.
Die ryk wildlewe van die vlagskippark van Namibië is op die voorstoep van Etosha King Nehale, maar die lodge is ook die poort na die streke van Oshikoto, Oshana, Ohangwena en Omusati waar die ryk erfenis van die Oshiwambo-kultuur ontdek kan word.
Spesiale afslagtariewe vir Etosha King Nehale geld steeds tot 31 Julie.
Vir Namibiese Gondwana-kaarthouers wat 'n chalet deel, is dit nou slegs N$973,25 per persoon per nag, en vir direkte besprekings vir diegene sonder 'n kaart is dit N$1 946,50 per persoon per nag. Kry nou jou Gondwana-kaart en spaar byna N$1 000.
Bespreek aanlyn by store.gondwana-collection.com of per e-pos by [email protected].
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie