Voertuie geroof in gewapende misdaad
Voertuie geroof in gewapende misdaad

Voertuie geroof in gewapende misdaad

Twee verkragtings van kinders is die naweek aangemeld.
Tanja Bause
Minstens drie voertuigdiefstalle is die afgelope naweek in die land aangemeld, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Saterdag om 21:30 is ’n man in Rocky Crest glo deur verdagtes aangeval en met ’n mes gesteek voordat hulle hom van sy dubbelkajuitbakkie, skootrekenaar, twee selfone en beursie met ’n gesamentlike waarde van N$337 500 beroof het.

Die bakkie is later verlate in die Okahandja Park- informele nedersetting gevind. Die identiteitsdokumente van die slagoffer is ook in die bakkie gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

• Sondag omstreeks 19:00 is ’n man op die hoek van Otjomuisestraat en Sam Nujomarylaan deur verdagtes met ’n wapen aangehou en van sy voertuig en selfoon beroof. Die voertuig is later verlate by ’n voertuigwassery naby die Ramatex-kompleks gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• ’n Sedanvoertuig is Vrydag tussen middernag en 07:00 in Agtste-laan in Okahandja gesteel. Die voertuig was buite die erf geparkeer en is die volgende dag verlate langs die snelweg in Okahandja gevind. Die polisieondersoek duur voort.

DIEFSTAL EN ROOF

’n Man is Vrydag omstreeks 12:00 in Seadlerstraat in Vineta, Swakopmund in sy huis aangeval en aangerand. Die verdagte het glo die huis deur ’n oop deur betree en die slagoffer met die vuis in die gesig geslaan voordat hy sy beursie, skootrekenaar, selfoon en drie diamantringe ter waarde van N$21 950 gesteel het. Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

• ’n Inbreker het glo tussen Vrydag en Saterdag deur die kombuisdeur toegang tot die Anama Lodge in die Sesriem-distrik verkry. Hy het ’n skootrekenaar, asook N$500 in kontant uit ’n laai gesteel, die kluis oopgebreek en N$10 000 kontant daaruit gesteel. Niemand is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

• Saterdag om 09:30 is ’n 56-jarige Chinese burger glo deur vier mans by Shop 66 in Okahandja met ’n pistool aangehou. Die mans het hom vasgebind en hom van sy selfoon, N$2 000 in kontant en voertuigsleutels ter waarde van N$10 000 beroof. Twee verdagtes van onderskeidelik 24 en 32 jaar oud is in hegtenis geneem, terwyl die ander twee op die vlug geslaan het. Die ondersoek duur voort.

• ’n Onbekende man het glo Sondag om 01:00 by die Etaka Entertainment-kroeg in die Onyamanguda-nedersetting in die Omusatistreek ingebreek. Hy het sy slagoffer met ’n pistool gedreig en die kroegsleutels geëis, waarna hy kontant, drank, skoonheidsmiddels en die slagoffer se selfoon ter waarde van N$4 285 gesteel het. Niemand is in hegtenis geneem nie.

STERFTES

Mnr. Eliakim Amutenya (35) het Vrydag om 20:00 in die Omatando-nedersetting op Outapi verdrink. Hy en sy broer het glo deur ’n pan water geloop toe hy verdrink het. Sy liggaam is die volgende dag gevind.

• Mangundu Johannes (14) is Sondag om 16:45 in die Mahenzere-nedersetting in die Kavango-Wesstreek deur weerlig getref terwyl hy in die veld beeste opgepas het. Hy is op die toneel dood.

VERKRAGTING

Tussen Vrydag en Saterdag is ’n tienjarige meisie in Block 5 in Aussenkehr glo deur ’n 30-jarige man verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

• Na bewering het ’n 36-jarige man herhaaldelik ’n 14-jarige meisie op die plaas Bruno in die Kamanjab-distrik verkrag. Die slagoffer is glo die dogter van die verdagte se meisie. Die voorvalle het glo gedurende vandeesmaand plaasgevind en is Saterdag by die polisie aangemeld. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!