Voet in die hoek
Ek het al telkemale oor my verhoudings met motors geskryf.
‘n Motor is ‘n groot deel van elke ou se dag.
Dis veilig om te sê in die verloop van elke 24 uur is die kanse groot dat jy in ‘n kar gesit het.
Hetsy dit jou eie kar, ‘n geleende een, die gesteelde tipe of hoe-ookal-soort is, karre is nou maar net een van daai goed waarsonder ons nie kan nie.
Verlede jaar het ek ‘n rubriek oor my eerste kar geskryf en grepe van ons verhouding met julle gedeel. At!
Ons het fantastiese tye gehad.
In fact, as dit nie vir daai karretjie was nie, sou ek vandag ‘n ander mens gewees het. Ek heg geweldig baie sentiment en waarde aan my persoonlike besittings – daai goed waarvoor ek hard gewerk het en self betaal het.
Iets wat my egter pla, is die verkynsels dat jong, olierige tieners op die oggend van hul 18de met ‘n natnuwe ryding in die driveway wakker word. Ek sal my wát verbeel. Elke ou vir homself.
Deur die jare het ek verskeie motors gery. Party was deftig en ander was gebedsake. Verlede jaar bevind ek myself in die posisie waar ek moes besluit: Ek hou aan ry met wat ek het, maar kry ‘n beter mediese fonds, of ek neem ‘n kleiner dekkingsplan uit en koop ‘n nuwe kar.
Ná vele somme, bottels wyn en oproepe, neem ek die besluit om vir my ‘n nuwe rydingetjie te trek. Bevoorreg, ek sê jou.
Wat ek nie heeltemal besef het nie, is dat nuwe karre met nuwe verantwoordelikhede kom. Daai ouer nommers ry jy tot hy nie meer kan nie, vervang die olie, check die briekskoene en sit weer voet in die hoek.
Met die nuwe modelle is die beginsels dieselfde, maar dit verg ietwat meer moeite en aandag. Jy sien, as die nuwe kar iets soek, dan sê hy dit vir jou. As ‘n ding nie werk nie, dan start die kar nie. Ek het nou die dag selfs gesien die kar lig my in dat derde rat nie die beste keuse vir my huidige spoed is nie. Jammer om te hoor.
Só word ek vroeër dié week wakker, volg my oggendroetine en klim in my kar. Die sleutel was skaars halfpad in die knormoer, toe begin daai kar gil soos iemand wat deur ‘n mamba in die hak gepik is. Al wat ‘n lig is, brand en wat ek verneem ‘n spanner is, verskyn op die klein screentjie tussen die spoedmeter en rev-meter.
Ek weet nie wat my tref nie. Vir ‘n oomblik wens ek ek het ingenieurswese gestudeer, sodat ek net kan verstaan wat voor my aangaan.
“Phone your nearest service consultant,” is die boodskap wat op die radioskerm verskyn. Ek dink, nou maar toe, die Super Aweh is juis vanoggend hernu. Vandag hoor iemand van my. Ek moet werk toe en die deadlines druk. Tyd is nie my speelmaat nie.
“Goeiemôre, ek soek ‘n service consultant,” sê ek terwyl Aweh se tyd begin uitloop.
“Speaking,” antwoord die stem. Daai soort stem wat jou laat dink aan ‘n keelinfeksie.
“Kry vir jou ‘n watertjie, dame, jou bande is droog,” sê ek.
“Can I assist you?” vra Mangels.
Ek sê: “Dit lyk soos ‘n bordeel hier voor my, dis net liggies wat brand en geluide wat nie wel klink nie. Piaf sit haar tee.”
“Sir, engine number, please.”
Toe lees ek vir haar die ellelange enjinnommer.
“Thank you. It seems your car is due for a service.”
“Haar naam is Piaf!” lig ek haar weer in, “nou wat nou?”
“I’ve booked your vehicle for tomorrow.”
“Jy is dierbaar,” sê ek, “maar wat van die bordeel?”
“I beg your pardon, sir?” sê Mangels.
“What must I does, wiff whe ligte?”
Sy sê: “Your car will still be able to drive to our service facilities.”
“Sien julle môreoggend.”
Vanoggend staan ek vroeg op, volg my oggendroetine en klim in my kar. Wéér die mamba-gil. Ek ignoreer dit en jaag garage toe. Kom daar, streel oor Piaf se dash en sê dankie.
‘n Dame loop na my toe.
“Good morning, sir. Surname, please.”
Dis mangels, ek hoor.
“Jou keel klink steeds niks lekker nie. Zandberg.”
“Thank you.”
“Eina! Is jy op antibiotika?”
Toe teken ek ongeveer 32 bladsye en groet vir Piaf.
“Julle kyk mooi na haar. En sorg sy kom reg. Ek het haar nodig om nog rubrieke en stories te skryf.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie