Voete op toonbank maak mense boos
Die internasionale lughawe is vir N$250 miljoen opgeknap en die reisverbod na Duitsland en die VSA is opgehef, maar ’n ontspanne oomblik deur ’n werker het waarnemers die harnas in gejaag.
Tanja Bause – ’n Foto van ’n vroulike werker wat by die Hosea Kutako Internationale Lughawe (HKIA) rustig agteroor met haar kaal voete bo-op die toonbank sit, wek opspraak in die sosiale media.
Die vrou, wat glo ’n bagasiehanteerder is, sit op die foto ontspanne terwyl passasiers op 6 Januarie om 15:00 besig was om vir die vlug na Johannesburg in te boek.
Volgens mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), geniet die saak die mees dringende aandag van die lughawebestuur en die toepaslike dissiplinêre en beradingsmaatreëls word gevolg.
“Ons keur nie sulke onbetaamlike gedrag deur ons personeel goed nie en verseker die publiek van NAC se verbintenis tot doeltreffende en vriendelike kliëntediens-etos,” het hy gesê.
Volgens me. Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) is die voorval uiters betreurenswaardig, omdat die lughawe nog altyd merendeels ’n baie goeie indruk by mense agtergelaat het.
“Met die onlangse opknappings is die hele personeel baie goed opgelei; hulle is vriendelik, tegemoetkomend en doeltreffend. Dit blyk dit was hopelik ’n geïsoleerde geval en sal hopelik deur die bestuur ondersoek en hanteer word,” het sy gesê.
UITBREIDINGS
Die uitbreiding en opgradering van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) ter waarde van N$250 miljoen is verlede jaar voltooi.
Die projek wat in Oktober 2019 van stapel gestuur is, het ten doel om die uitdagings rakende opeenhopings van passasiers te bowe te kom asook veiligheid en sekuriteit te handhaaf, terwyl die lughawe steeds aan internasionale regulasies en standaarde voldoen.
Die uitbreiding het gefokus op gebiede soos onder meer aankomstoonbanke, ’n restaurant, bagasievervoergeriewe, ’n nuwe vertreksaal, veiligheids- en immigrasiepunte.
Die projek se doelwit was om die lughawe se kapasiteit te verdubbel om die toename in besoekers tot 2030 te akkommodeer.
Die uitbreidings sluit in 18 aankomstoonbanke en vyf bykomende selfdienskiosks. Die immigrasietoonbanke vir vertrekkende passasiers is ook van drie tot sewe vermeerder, terwyl die vertreksaal vergroot is om die groeiende aantal passasiers te akkommodeer.
GRENSE OOP
Intussen beskou Duitsland Namibië nie meer as ’n “virusvariantgebied” nie en het op 4 Januarie sy grense vir reisigers uit Namibië, Suid-Afrika en ander lande in die streek oopgestel.
Die VSA se pres. Joe Biden het op 28 Desember proklamasie 10315 herroep en aangekondig reisigers uit Namibië en buurlande mag Amerika weer vanaf 31 Desember besoek. Hulle moet ’n negatiewe Covid-19-toetsuitslag kan toon wat nie ouer is as een dag nie wanneer hulle aan boord gaan, moet ten volle ingeënt wees en deurgaans tydens hul reis na die VSA ’n masker dra.
KOMMENTAAR
Van die kommentaar wat die foto op sosiale media ontlok het: “Jy moet kyk wanneer ’n vliegtuig aankom en hulle besig is op hul fone.”
“Dis hoe mense hul reis na Namibië sal onthou.”
“Geen trots vir die passasiers nie en verseker geen tros vir haar werk nie.”
“Wat ’n verleentheid vir Namibië.”
“Hey, ten minste dra sy ’n masker ... onder haar ken.”
– [email protected]
FOTO
Oda Hentschel-Baas het die foto verlede Donderdag op die Hosea Kutuka Internationale Lughawe geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie