Voetgangers bedreig, waarsku fonds
Yochanaan Coetzee
Die motorvoertuigongelukfonds (MVAF) se hoof uitvoerende beampte, mev. Rosalia Martins-Hausiku, het op 24 Februarie 'n beroep op die media en die publiek gedoen om die rol wat hulle in padveiligheid kan speel, ernstig op te neem.
“Die veiligheid van voetgangers is baie hoog op ons agenda. Veral dié van kinders, omdat hulle kwesbaar is. Bestuurders van voertuie, voetgangers én ouers speel almal ewe belangrike rolle om ons paaie veilig te maak,” het Martins-Hausiku gesê.
Die MVAF en hul vennote, die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC), die private sektor se padveiligheidsforum, Nampol, die verkeersdepartement, die paaieowerheid se ingenieursafdeling en Unicef het in September verlede jaar 'n voetgangerveiligheid-oudit vir die Khomasstreek gedoen.
Die uitslae was volgens Martins-Hausiku “kommerwekkend”.
In 2016 was daar 1 130 ongelukke waarby voetgangers betrokke was.
Meer as die helfte van dié ongelukke het in die Khomasstreek plaasgevind. Paaie waarop heelwat ongelukke plaasvind, soos Monte Christoweg, Onafhanklikheidsrylaan en Mandume Ndemufayoweg is tydens die oudit gemonitor.
Volgens die oudit was die mees algemene probleme afwesige padtekens en baanstrepe, en versperde sypaadjies waar rommel of smouse se stalletjies mense dwing om in die pad te loop.
“Wangedrag soos spoed en dronkbestuur speel 'n groot rol in ongelukke, maar probleme met infrastruktuur beïnvloed dit ook. Ons kinders is elke dag in gevaar in ons strate. Ons as bestuurders moet ons deel doen. Ouers moet ook hul kinders bewus maak van padveiligheid en hoe ernstig die gevare is.
“Die verbetering van paaie se infrastruktuur vir voetgangers is in werking gestel, maar ons houdings en gedrag op paaie speel 'n enorme rol,” het Martins-Hausiku gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie