Voice of Namibia: Elke jaar net beter en beter
Voice of Namibia: Elke jaar net beter en beter

Voice of Namibia: Elke jaar net beter en beter

Yandi Du Plessis
Die eerste 30 finaliste vir die vierde seisoen van die Voice of Namibia-sangkompetisie is op 12 Maart aangekondig en die soektog na die land se beste sangstemme duur voort.

Die eerste uitdunronde het intussen plaasgevind, waar ses deelnemers uitgeval het.

Die top-24-finaliste is die afgelope Saterdag aangekondig.

Die kompetisie gee aan opkomende sangers die geleentheid om hul vokale vermoëns ten toon te stel.

Die 30 finaliste moes 'n video van 2 minute instuur waar hulle 'n liedjie van hul keuse sing, waarna die tweede beoordelingsronde plaasgevind het.

Die uitslae is nie gebaseer op die hoeveelheid likes en shares die video’s op Facebook ontvang nie. Almal is welkom om aan te dui of hulle van die video hou en om hul gunsteling-deelnemers te ondersteun.

Die sluitingsdatum van dié ronde was op 26 Maart.

‘n Paneel wat uit ses ervare beoordelaars bestaan, sal die finale besluit neem. Almal is kenners in die Namibiese musiek- en kunsbedryf.

Die beoordelingspaneel bestaan uit hoofbeoordelaar en musikant Savannah Collins, saam met die wenners van die afgelope drie jaar, Heiko Doedens, Nadia Hanssen en Claudine Nelson.

Theodore Cooksen, die voormalige dirigent van die Muscato Jeugkoor, en Lomine Vermeulen, die direkteur van die Namibiese kampioenskappe vir uitvoerende kunste, sal ook hul ervaring deel.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se inskrywings, dit word elke jaar net beter en beter. Ons is baie trots op al die ongelooflike deelnemers wat ingeskryf het,” sê Savannah Collins.

“Dit is waarom ons as beoordelaars besluit het om die sluitingsdatum vir inskrywings aan te skuif, omdat daar soveel talent in Namibië is wat nog nie ontdek is nie. Ons moes sorg dat almal genoeg tyd kry om deel te wees van die Voice of Namibia 2021.”

Sy sê dit was 'n uitdagende taak om die top-24 uit al die ongelooflike inskrywings te kies, maar die beoordelaars “weet almal waarna ons soek en ek vertrou dat ons die beste besluite sal neem en die beste stem in Namibië ’n kans in die kollig kan gee”.


DIE 24 FINALISTE IS:

Angelique Bergh

Lin-Mari Coetzee

Jessica Strydom

Joáni Claassen Coleman

JP Kotzé

Amy Botes

Mariaan Thiart

Karla van der Merwe

Maryke Mertens

Georgina van Straten

Madelein Ockhuizen

Jo-Ann Steyn

Asheequa Emamdien

Jermain de Voss

Cee-Jay Jacobs

Keenan Carelse

John-Raymond Cupido

Zoey Shehama

Carla van Kent

Bernadine Goliath

Philip Nolte

Andeline Wieland

Moya Fineberg

Isabel Lusse

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!