Vol program wag op SA atlete in 2018
Vol program wag op SA atlete in 2018

Vol program wag op SA atlete in 2018

Atletiek
Wim Pretorius - Die spykerskoene het skaars geleentheid gekry om te rus of 2018 se atletiekseisoen is gereed, met 'n opwindende kalender wat op Suid-Afrikaanse atlete en atletiekliefhebbers wag.

Nadat Suid-Afrika sy beste vertoning nóg in terme van medaljes in 2017 by die IAAF se Wêreldkampioenskap opgelewer het, sal die verwagting groot wees vir die Statebondspele wat op 4 April in Australië se Goudkus begin.

Die veldtog sal wel sonder Wayde van Niekerk aangedurf word, wat steeds herstel van 'n besering, maar met Luvo Manyonga, Ruswahl Samaai, Caster Semenya en Akani Simbine (foto) in Suid-Afrika se geledere, is daar steeds hoop op 'n suksesvolle byeenkoms.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het dié week bevestig dat die voorlopige spanne vir die byeenkoms in Australië einde Januarie bekend gemaak sal word.

Maar voordat die Suid-Afrikaanse span beoog om te verbeter op sy 40 medaljes wat hy by 2014 se Statebondspele in Glasgow, Skotland, gewen het, sal plaaslike atlete eers op eie bodem in 'n vervroegde atletiekseisoen hul stempel moet afdruk.

Die seisoen begin op 20 Januarie wanneer Atletiek Suid-Afrika (ASA) 'n geleentheid aan die langasems sal gee om by die Universiteit van die Vrystaat te probeer om 'n plek los te hardloop vir die Afrika-landloopkampioenskap wat op 17 Maart in Algerië gehou word.

Die baan- en velditems sal op 1 Maart begin, wanneer die eerste byeenkoms van die nuwe Grand Prix-reeks in Johannesburg gehou sal word.

Die reeks sal daarna skuif na Tuks se L.C. de Villiers-stadion op 8 Maart, voordat die laaste been op 22 Maart by die Dal Josaphat-stadion in die Paarl plaasvind.

Die SA senior atletiekkampioenskap word van 15 tot 17 Maart by die Pilditch-stadion in Pretoria gehou en sal hoofsaaklik dien as 'n kans vir atlete om hul fiksheid vir die Statebondspele te bewys.

Die Diamantliga-reeks se eerste van 14 byeenkomste begin 4 Mei in Doha.

Die Wêreldbekerbyeenkoms maak ook vanjaar sy buiging wanneer dit van 13 tot 15 Julie in Londen beslis word.

Dit lyk ook of ASA geleer het uit 2017 se blapse met die aflosse deurdat hy wil verseker dat aflosspanne vir die Statebondspele sowel as die nuwe Wêreldbeker aantree.

“Om die potensiaal te vergroot, sal Suid-Afrika 4x100 m- en 4x400 m-aflosspanne vir mans en vroue na die Statebondspele en Wêreldbekertoernooi stuur,” sê Aleck Skhosana, ASA-president, in 'n verklaring.

“Die ASA Grand Prix-reeks sal daarom vir die aflosse voorsiening maak.”

Die SASA nasionale kampioenskap vir laerskole word op dieselfde naweek in die Paarl gehou, met die hoërskole se byeenkoms wat 'n week later in Potchefstroom plaasvind.

Die nasionale o.18- en o.20-kampioenskappe vind gesamentlik van 5 tot 7 April in die Paarl plaas.

Die Twee Oseane-marathon word op 31 Maart in Kaapstad gehou, met die langasems wat kort daarna hul deursettingsvermoë verder sal toets in die Comrades-marathon op 10 Junie in Pietermaritzburg.

Suid-Afrika sal ook beoog om 'n sterk span na die IAAF se Junior Wêreldkampioenskap in Tampere, Finland, te stuur. Dié word van 10 Julie beslis.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!