Vou00ebl rus nu00e1 halfmiljoen kilometer
Vou00ebl rus nu00e1 halfmiljoen kilometer

Voël rus ná halfmiljoen kilometer

Vlieg jaarliks van Nederland tot Lüderitz en terug.
Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Vier-en-twintigjarige grootsterretjie wat in sy leeftyd al meer as 'n halfmiljoen kilometer gevlieg het, kuier in Lüderitz.

Die grootsterretjie (Thalasseus sandvicensis) is saam met ander voëls van sy spesie in Guanobaai op Lüderitz deur dr. Jean-Paul Roux van die ­ministerie van visserye en mariene hulpbronne raakgesien.

“Wanneer ons ons kus monitor, gee ons altyd aandag aan trekvoëls op see en land wat van ons omgewing en water afhanklik is. Grootsterretjies van Noord-Europa is gereelde gaste by ons,” sê hy.

Roux het foto's van die spesifieke voël geneem sodat dit op grond van die ring om sy been geïdentifiseer kan word. Die ouer voëls het klein ­metaalringe aan hul bene, wat dit veel moeilik maak om hulle te identifiseer omdat die merke baie klein is en oor die hele ring versprei is.

“Onlangse inisiatiewe in Europa het die uitkenning makliker gemaak met die gebruik van gegraveerde kleurringe wat selfs op 'n afstand gesien kan word.

“Dié voël is by Guanobaai gesien en met 'n bietjie geduld van 25 minute en 100 foto's kon ek die hele ring ont­syfer. Op die ring staan Vogeltrek­station, Arnehm – Holland, 1367783,” het hy gesê.

Die inligting is deur SAFRING (The South African Bird Ringing Unit) na sy Nederlandse kollegas vir identifisering gestuur.

“Hul antwoord is dat die voël op die klein eiland Waddenzee (Friesland) by 'n broeikolonie op 20 Mei 1997 gering is. Met ander woorde 23 jaar, agt maande en 11 dae nadat die voël gering is, word hy in Guanobaai op ­Lüderitz gesien.”

Die kortste eenrigting roete tussen dié twee plekke is 10 760 km. Die voëls vlieg jaarliks vanaf Europa na Afrika en terug, wat beteken dat dié spesifieke grootsterretjie reeds meer as 'n halfmiljoen langafstand kilometers in sy leeftyd gevlieg het. Dit tel nie eens die daaglikse vlugte oor die see op soek na kos nie.

Grootsterretjies kom aan die Namibiese kuslyn vanaf die Oranjerivier by Oranjemund, tot by die Kunenemond in die Skedelkuspark voor. Hulle is 36 tot 40 sentimeter lank, het 'n vlerkspan tussen 90 en 105 cm en hulle weeg ongeveer 200 tot 250 gram. Dit is bekend dat die voëls bedags ongeveer twee kilometer vanaf die kus oor die see uitvlieg op soek na seevis, skaaldiere en weekdiere wat op die seeoppervlak leef. Gewaar hulle prooi, duik hulle in die water en vang dit.

Nadat Roux dié inligting op Lüderitz Marine Research se Facebook-blad geplaas het, het mnr. Daniel Ng'uni gesê: “Natuurbewaring is die regte ding om te doen.

“Kyk net hoe eenvoudig die voëls lyk en tog het dit só lank geneem vir hulle om te groei. Kom ons beskerm hulle sodat toekomstige generasies hulle kan sien en beleef.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!