Volgende stappe vir Neckartal
Fase 2, wat ‘n reuse-besproeiingsaanleg by die grootste dam in die land behels, moet as ‘n openbare-private-vennootskap uitgerol word.
Elvira Hattingh – Stappe om die Neckartaldam-projek as deel van ‘n openbare-private-vennootskap (PPP) te finaliseer, is reeds geneem. Dienooreenkomstig behoort fase 2 van die Neckartaldam, wat ‘n besproeiingsprojek van sowat 5 000 hektaar (ha) behels, reeds tydens die 2022-’23-boekjaar operasioneel te wees.
So sê die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, wat Woensdag tydens ‘n mediakonferensie meer duidelikheid oor dié onderwerp gegee het.
Die minister het gereageer op “misleidende mediaberigte” waarvolgens die regering glo geen verdere planne met die reusagtige Neckartaldam het nie.
Schlettwein het gesê geen twyfel bestaan dat die regering deurlopend ‘n goed uitgewerkte plan vir dié dam gehad het en dit reeds jare op die meesterplan vir waterverskaffing is, met die eerste haalbaarheidstudie wat so lank terug as in 1947 uitgevoer is.
Volgens hom is die projek onlangs by die eenheid vir PPP’s geregistreer, en die ministerie ook 'n projek-inligtingsraamwerk (PIT) ingevul en teen September vanjaar ingedien het. Hierdie was die eerste stap om die projek onder ‘n PPP uit te rol, waarna daar oor ‘n kontrak onderhandel en dit dan toegeken sal word, het die minister verduidelik. Hy sê fase 2 val onder die raamwerk van die groenskemabeleid.
“Tot dusver is 3 800 hektaar van die geteikende 5 000 reeds bekom wat vir besproeiingsdoeleindes geoormerk is. Ons is besig om die ander 1 200 hektaar te bekom,” het hy bygevoeg.
Schlettwein sê die regering was van plan om fase 2 met hul eie hulpbronne te ontwikkel, maar globale en nasionale ekonomiese uitdagings het die planne gekelder.
Hy sê buiten vir Neckartal, is ander groenskemaprojekte ook by die PPP-eenheid ingedien om moontlik as openbare-private-vennootskappe van stapel te stuur. Dit sluit in ‘n Zone-besproeiingsprojek in die Kavango-Wesstreek, die Tandjieskoppe-besproeiingsprojek in die ||Kharasstreek, asook die Katima-Liselo-besproeiingsprojek in die Zambezistreek.
FASE 2
Schlettwein sê fase 2 van die projek het begin met ‘n haalbaarheidstudie van die besproeiingskema wat in 2010 voltooi is.
Dit het gefokus op die tipe grond, die kies van gewasse, die uitleg van ‘n besproeiingsplaas asook ander faktore. Schlettwein sê tydens die studie is 5 000 hektaar geïdentifiseer vir besproeiingsontwikkeling, waar moontlik dadels, druiwe, grane en lusern geplant kan word. Daar is ook vasgestel enkele ekonomiese eenhede van die skema moet tussen 50 en 100 hektaar wees, afhangende van die tipe gewasse wat geproduseer word. Schlettwein sê ná die studie het die regering met die bou van die dam van 857 Mm³ (miljoen kubieke meter) begin.
Hy sê die tenderprys was N$3,8 miljard, maar die uiteindelike koste het N$5,7 miljard beloop. Volgens Schlettwein beskik die dam oor ‘n 60 megawatt-hidrokragaanleg asook ‘n stelsel wat op grootmaat besproeiingswater kan lewer aan ‘n stoorfasiliteit sowat 20 km stroomaf. Fase 1 van die dam is verlede jaar in Maart amptelik deur die visepresident, dr. Nangolo Mbuma, ingewy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie