Vou00eblgriep help Quantum wu00e9u00e9r met wins
Vou00eblgriep help Quantum wu00e9u00e9r met wins

Voëlgriep help Quantum wéér met wins

Hanlie Stadler – Die braaihoender- en eierprodusent Quantum verwag ’n skerp styging in sy wins vir die boekjaar tot einde September.

Dit is deels danksy die R22 miljoen wat hy van sy versekeraars gekry het om hom te vergoed vir die verliese wat hy weens die voëlgriepepidemie van 2017 gely het.

Die maatskappy sê in ’n Sens-verklaring sy wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 224% en 244% hoër wees as in die vorige boekjaar.

Sy basiese verdienste per aandeel gaan tussen 185% en 205% hoër wees.

Die maatskappy het voorheen gesê sy winsstyging sou selfs groter gewees het, maar eierpryse het weer heelwat gedaal soos wat die lêhoenderbevolking weer ná voëlgriep opgebou is. Daarby het voerkoste weer effens begin styg.

Quantum het verlede jaar voordeel getrek uit die skerp styging in eierpryse weens die tekort wat voëlgriep veroorsaak het.

Quantum reik sy resultate op 29 November uit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!